Arrondissement

Die term arrondissement is afgelei van die Franse woord arrondir (afrond) en verwys na die administratiewe onderverdeling van 'n Franse département, 'n Belgiese provinsie en 'n aantal stede in die Kanadese provinsie Quebec.

In Frankryk word die term ook as 'n vertaling vir soortgelyke administratiewe verdelings van byvoorbeeld buitelandse stede soos Moskou en Wene gebruik.

Arrondissement
Die administratiewe stelsel van Frankryk

Frankryk

Daar bestaan 342 arrondissemente in Frankryk. Die hoofstad (Frans: chef-lieu) van 'n arrondissement is die onderprefektuur (Frans: sous-préfecture), met 'n onderprefek as hoof van die plaaslike administrasie. Die arrondissemente is verder verdeel in kantons (Frans: cantons), terwyl die kantons uit die verskillende munisipaliteite (Frans: commune, wat stede en dorpe insluit) bestaan.

Groot Franse stede soos Parys, Marseille, Bordeaux en Lyon is ook in sogenaamde kommunale arrondissemente verdeel wat administratief gelykstaan aan kantons.

België

België is in administratiewe opsig verdeel in geweste, provinsies, arrondissemente en munisipaliteite.

Quebec

'n Aantal stede in die Franstalige Kanadese provinsie Quebec is verdeel in arrondissemente. Hierdie administratiewe verdeling bestaan in Montreal, Gatineau, Quebecstad, Saguenay, Longueuil, Sherbrooke, Cookshire-Eaton, Grenville-sur-la-Rouge, Lévis en Métis-sur-Mer. Ook die eilandgroep van die Magdalene-eilande is verdeel in arrondissemente.

Bron

  • Vertaling van die artikels de:Arrondissement en fr:Arrondissement in die Duitse en Franse Wiki Afrikaans. Die artikels is aangepas vir gebruik in die Afrikaanse Wiki Afrikaans.

Tags:

Arrondissement FrankrykArrondissement BelgiëArrondissement QuebecArrondissement BronArrondissementBelgiëDépartementFrankrykFranse taalKanadaMoskouQuebecWene

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Transatlantiese slawehandelKartografieKimberleyHarry PotterOnderhandelinge om apartheid te beëindigMetaalNoordwesJohannesburgSeksposisieJohannes HahnHaelRumatoïede artritisAnneli van RooyenSpelerposisies in rugbyMynbedryf van Suid-AfrikaToekoms van die AardeRenosterPrimêre sektor van die ekonomieSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994MuishondPlae van EgipteSikloonKlimaatWolfKangogrotteSaartjie BaartmanKoolhidraatGrondbewerkingVoornaamwoordYstervarkYsterChemiese verbindingAsiëSinoniemVratSowjetunieMobutu Sese SekoSonnestelselMagnetismeMandalaTylaOopbroninhoudSebraOrgasmeIslamitiese StaatPersentasieHomofoonPaddaAardedagEienaamMenseregtedagCheslin KolbeTandbederfMadison IvyVersoeningsdagHolocaustMasturbasieDiatomiese molekuulLys van kinderspeletjiesOmgewingsbeheerFiela se kindMassaGeelsugVlinderProstaatkankerCalviniaGrondbesoedelingDonkieHernubare energieVars waterTelevisieMaagAkwariumKweekhuisgasHerfsOlimpiese Somerspele🡆 More