Daglelie

'n Daglelie (Hemerocallis) is 'n meerjarige plant met trompetvormige blomme.

Die plant se botaniese naam, Hemerocallis, is uit Grieks afgelei: ἡμέρα (hēmera) beteken "een dag" en καλός (kalos) beteken "mooi".

Daglelies
Daglelie
Gewone daglelie (Hemerocallis fulva)
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Monocots
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Hemerocallidoideae
Genus:
Hemerocallis

Spesies

Sien teks.

Daglelie
Hemerocallis lilioasphodelus
Daglelie
Var. "Hush Little Baby"

Die blomme open as die son opkom en hou tipies net een dag lank. Omdat die bloeisteel talle blomknoppe het, blom die plant aaneen gedurende die somermaande. Die blomme kom in skakerings van geel, oranje, pers en bruin voor. Die blomme van sommige daglelies is eetbaar en word in Sjinese kombuise gebruik.

Die plant het nie 'n bol of risoom soos gewone lelies nie, maar het 'n eenvoudige wortelstelsel wat in 'n digte pol gekonsentreer is. Die blare kom uit die kroon en lyk baie soos breë grasblare. Hoewel hulle meerjarig is, is daar immergroen en bladwisselende spesies.

Daglelies is oorspronklik van Europa, China, Korea en Japan afkomstig, maar het sedertdien oor die hele wêreld versprei. Dit is gewild onder tuiniers, omdat dit maklik groei en 'n groot verskeidenheid kultivars beskikbaar is.

Daglelies aard goed in die meeste klimaatsones in Suid-Afrika. Dit kan in volle son geplant word en groei maklik in enige tipe grond. Dit is bykans plaagvry en word selde deur insekte gevreet. Die plante kan elke drie tot vier jaar verdeel en herplant word.

Spesies

  • Hemerocallis altissima
  • Hemerocallis aurantiaca
  • Hemerocallis citrina
  • Hemerocallis cordata
  • Hemerocallis coreana
  • Hemerocallis darrowiana
  • Hemerocallis dumortierii
  • Hemerocallis esculenta
  • Hemerocallis exaltata
  • Hemerocallis forrestii
  • Hemerocallis fulva
  • Hemerocallis hakuunensis
  • Hemerocallis hongdoensis
  • Hemerocallis japonica
  • Hemerocallis lilioasphodelus
  • Hemerocallis littorea
  • Hemerocallis micrantha
  • Hemerocallis middendorffii
  • Hemerocallis minor
  • Hemerocallis multiflora
  • Hemerocallis nana
  • Hemerocallis pedicellata
  • Hemerocallis plicata
  • Hemerocallis sempervirens
  • Hemerocallis sendaica
  • Hemerocallis serotina
  • Hemerocallis sulphurea
  • Hemerocallis taeanensis
  • Hemerocallis thunbergii
  • Hemerocallis vespertina
  • Hemerocallis washingtonia
  • Hemerocallis yezoensis

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Michail BoelgakofMachu PicchuVlag van EuropaWikimedia-stigtingMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaCecilia Payne-GaposchkinPaaseierBoer Soek 'n VrouDigvormRolprentTelstar 1GriekelandEmmy ClarkeCharles II van EngelandGeskiedenis van Suid-AfrikaRigtersBeroerteTwaalf Stamme van IsraelSeksuele penetrasieGoogle MapsPokkeTotalitarismePous Leo XArabiesKlein-KarooOssewabrandwagSlag van die Goue SporeTallinnGenitale vratAfrikaanse woordelys en spelreëlsPornografiese akteurWoordeboek van die Afrikaanse TaalMuishondSaaltennisLouis Trichardt, LimpopoMetaheelalVaginaHindoeïsmeYouTubeAkteurGeldSwangerskapRicus NelTrappe van vergelykingAfrican People's MovementBrjansk-oblastSwahiliLandbouFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014Worsie VisserPoleEreksieAllan BoesakPeach van PletzenSoewereine Militêre Orde van MaltaWorldCatChristendomBemarkingPeter UeberrothF.W. de KlerkWit-Donderdag28 MaartHemelvaartHalifax, Nova ScotiaAmber HeardNAVOAardbewingGeloftedagLys van Afrikaanse skrywersKroonprinses van DenemarkeWikiLeaksAntjie SomersIndies-Pakistanse Oorlog van 1965Palmagtige🡆 More