Dikbekraaf

Die dikbekraaf (Corvus crassirostris), ’n lid van die familie Corvidae van die Horing van Afrika, is saam met die gewone raaf die grootste voëls in die familie.

Hulle is ook die grootstes van die mees uiteenlopende voëlorde van heelwat meer as 5 000 geïdentifiseerde spesies, die sangvoëls. Die dikbekraaf is gemiddeld 64 cm lank en weeg sowat 1,15 kg (wyfies) tot 1,5 kg (mannetjies).

Dikbekraaf
Dikbekraaf
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
C. crassirostris

(Rüppell, 1836)
Binomiale naam
Corvus crassirostris
Dikbekraaf
Verspreiding van die dikbekraaf.

Dit het ’n baie groot, geboë snawel en dit gee die voël ’n kenmerkende voorkoms. Die snawel van 8-9 cm, die grootste van enige sangvoël, is swart met ’n wit punt en diep groewe. Dié raaf het baie kort vere aan die kop, keel en nek. Die keel en bobors het ’n olierige bruin glans, terwyl die res van lyf glansend swart is, buiten die kenmerkende wit kol aan die agternek.

Verspreiding en habitat

Sy hougebied is in Eritrea, Somalië en Ethiopië; sy habitat sluit in berge en hoë plato's van tussen 1 500 en 3 400 m. Dit is een van verskeie voëlspesies wat inheems aan die tropiese Noordoos-Afrika is.

Stem

Die dikbekraaf se geluide sluit in ’n hees nasale gekras, ’n lae hyggeluid en soms ’n "dienk-dienk-dienk"-geluid. Nes baie ander sangvoëls kan dié spesie klanke naboots. Dit gebeur egter selde in die natuur en word gewoonlik in aanhouding gehoor.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Dikbekraaf Verspreiding en habitatDikbekraaf StemDikbekraaf VerwysingsDikbekraaf Eksterne skakelsDikbekraaf

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Elizabeth II van die Verenigde KoninkrykBoesmanNoord-KaapGeslagWiki CommonsNonnetjie-uilGianna MichaelsLongontstekingQR-kodeSwangerskapAnimeTegnologieOpstand in die Warskou-ghettoGoogle TranslateKamphoerDigitale objek-identifiseerderPuberteitBethalSeksNederlandsVergelykings (taalkunde)MiddelmisbruikElon MuskEkonomieTolla van der MerweSoedanTweede WêreldoorlogSatellietVolhoubare ontwikkelingGordelroosDeon GrootSybel CoetzeeGeskiedenis van AfrikaansPannekoekBreinvliesontstekingApartheidMiddeloorontsteking1945Provinsies van Suid-AfrikaSportKarlien van JaarsveldBotswanaBraaiGeelhoutLeierMenseregtedagVerenigde KoninkrykSelfmoordMaagdelikheidTrekklavierRynOu Apostoliese KerkOntsteking (geneeskunde)Afrikaanse TaalmonumentFiskaallaksmanTemperatuurregulering (biologie)SekelbosWikimedia-stigtingLugbesoedelingLys van medisinale kruieFanny Louise BernthPlaasjapieLys van lande volgens bevolkingJuanita du PlessisSiekteIP-adresGregoriaanse kalenderOnderhandelinge om apartheid te beëindigErfenisdag (Suid-Afrika)NarsismeJan BlohmSeksuele omgang🡆 More