Christiaan Botha: Generaal aan Boerekant in die Tweede Vryheidsoorlog

Christiaan Botha (6 Oktober, 1864 – 29 Oktober 1902) is 'n jonger broer van Louis Botha en was ook 'n generaal tydens die Tweede Vryheidsoorlog.

Hy is gebore te Greytown, KwaZulu-Natal. Sy ouers is Louis en Salomina Botha. Hulle was van die eerste inwoners van die Nuwe republiek van Vryheid. Toe dié republiek by die ZAR ingelyf word, word hulle outomaties burgers.

Christiaan Botha
Christiaan Botha
Gebore6 Oktober, 1864
Sterf29 Oktober 1902
Bekend virBoeregeneraal
Ouer(s)Louis Botha en Salomina Adriana van Rooyen

Botha het in 1898 bevelvoerder van die polisie van Swaziland (nou Eswatini) geword. Nadat die Tweede Vryheidsoorlog uitgebreek het, is hy na die Natalse front. Hy neem aan verskeie veldslae deel; ook die Slag van Colenso. Op 16 Februarie 1900 het hy 'n noue ontkoming gehad toe 'n liddietbom in 'n loopgraaf ontplof en sewe burgers hulle lewens verloor het. Nadat die Britte Ladysmith ontset het, het Botha teruggeval na Laing's Nek. Hier is hy ook bevorder.

Hy is op 29 Oktober 1902 in Kokstad oorlede.

Bronne

  • Wallis, F. (2000). Nuusdagboek: feite en fratse oor 1000 jaar, Kaapstad: Human & Rousseau.
  • Swart, M.J., Nel, P.G. en Hertman, A.C. (eds., 1980). Afrikaanse Kultuuralmanak, Aucklandpark: Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge.
  • Grobler, J.E.H. (2004). The War Reporter: the Anglo-Boer war through the eyes of the burghers, Johannesburg: Jonathan Ball Publishers. ISBN 978-1-86842-186-2.

Tags:

1864190229 Oktober6 OktoberGreytownKwaZulu-NatalLouis BothaNieuwe RepubliekTweede VryheidsoorlogZAR

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LiesbreukFinale OplossingCovid-19-pandemiePlatoMoedersdagHoofkarakterVraag en aanbodWaterKroonstadSeksuele penetrasieWiskundeJacques LootsWet op NaturellengrondCovid-19-pandemie in Suid-Afrika26 AprilAkroniemFaktuurKnopiespinnekopBestorming van die Verenigde State Kongresgebou in 2021NaaldekokerKoekie (rekenaarwetenskap)Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeAanhalingstekensVolstruisMagda van BiljonLongontstekingBuffelRobbeneilandRugbyAl-Masdjid an-NabawiNeurenberg-verhoreKrieketVerkoueProvinsies van Suid-AfrikaAnglo-BoereoorlogMetafoorMaagsweerInstagramDroomNarkoseChristendomKlavierNetbalEienaamToerismeIntensiewe vormMusieksimboleMuishondLongTuisbladHadedaGasSoortnaamSeekatPlastiekAfrikanersSenuweestelselViëtnamoorlogHoenderJan BlohmOostenrykDramaByvoeglike naamwoordKopielinksAbstraksie (rekenaarwetenskap)Anne FrankSelfmoordAfrikaanse taalleerRichard GaddVergelykings (taalkunde)Orale seks🡆 More