Brahmaputra

Die Brahmaputra (Assamees: ব্ৰহ্মপুত্ৰ, লুইত; Sanskrit: ब्रह्मपुत्र; Hindi: ब्रह्मपुत्र; Bengaals: ব্ৰহ্মপুত্ৰ নদ ; Tibettaans: ཡར་ཀླུངས་གཙང་པོ་) is 'n groot suid-vloeiende rivier in Asië.

Dié rivier, met 'n lengte van 2 900 km (1 800 myl), is ná die Indus die tweede langste rivier in Suid-Asië. Die naam van dié rivier beteken "seun van die Brahma" in Sanskrit. Die suidelike verloop van dié rivier word in Hindoeïsme as heilig beskou.

Brahmaputra
Die Brahmaputra naby Guwahati, Assam, Indië
Die Brahmaputra naby Guwahati, Assam, Indië
Die Brahmaputra naby Guwahati, Assam, Indië
Brahmaputra

Die stroomgebied van die Brahmaputra en die Ganges

Oorsprong Gletser Jêmayangzom, naby die berg Kailash, Tibet (Volksrepubliek China)
Monding met die Ganges in die Padma, Bangladesj
Golf van Bengale
Stroomgebied Volksrepubliek China, Indië en Bangladesj
Lengte 2 900 km (1 800 myl)
Oorspronghoogte 5 210 m (17 093 voet)
Mondinghoogte 0 m (0 voet)
Gemiddelde afloop 19 300 m³/s (681 600 vt³/s)
Stroomgebiedopp. 651 334 km² (251 500 myl²)
Kaart van die Brahmaputra-bekken in Asië
Kaart van die Brahmaputra-bekken in Asië
Brahmaputra
Boloop van die Brahmaputra in Tibet
Brahmaputra
Sononder aan die Brahmaputra in Dibrugarh

Die Brahmaputra ontspring aan die noordelike kant van die Himalaja in die Chinese outonome gewes Tibet, net noord van die grens tot Nepal en net oos van die Sutlej se bron, naby die berg Kailash. Hier word dié rivier in Tibettaans Matsang of Tachog Tsangpo en in Chinees Mǎquán Hé 馬泉河 / 马泉河 genoem. Aansluitend vloei dié rivier in 'n oostelike rigting en word in Tibettaans Yarlung Tsangpo ཡར་ཀླུང་གཙང་པོ en in Chinees Yǎlǔ Zàngbù Jiāng 雅魯藏布江 / 雅鲁藏布江 genoem. Aan die oostelike kant van die Himalaja maak die Brahmaputra 'n boog in 'n suidelike rigting en vloei deur die Yarlung Tsangpo Canyon, wat deur sommige as die diepste canyon ter wêreld beskou word. Dié rivier bereik die Indiese deelstaat Arunachal Pradesh, waar dit Dihang of Siang genoem word. Vanaf hier vloei die Brahmaputra deur die Assam-vallei in 'n suidwestelike rigting, waar Guwahati, die grootste stad aan dié rivier, geleë is. Hier vloei dié rivier deur die Groot Vlakte, wat een van die mees digbevolkte gebiede van die wêreld is. Aansluitend vloei die Brahmaputra in 'n suidelike rigting en bereik Bangladesj, waar dié rivier Jamuna genoem word. Net wes van dié land se hoofstad Dhaka vloei die Brahmaputra en die Ganges saam, om die Padma te vorm. Die Padma vloei verder in 'n suidoostelike en aansluitend in 'n suidelike rigting. Later mond dit in die Golf van Bengale uit.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

AsiëAssameesBengaalsBrahmaHindiHindoeïsmeIndusRivierSanskritSuidSuid-AsiëTibettaans

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BevolkingMobutu Sese SekoWetenskaplike klassifikasieTuisbladTremVolhoubare ontwikkelingTienie HollowayIngrid JonkerHeupBotswanaSlangVlinderMaagsweerHibernasieGetalNatuurrampHomofoonIslamDemokrasieLys van Suider-Afrikaanse soogdiereIngenieursweseMiljardSuid-Afrikaanse randCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaGroepsgebiedewetMisdaadPlastiekAfrikaLys van Griekse mitologiese figureWaarheid-en-versoeningskommissieChemiese elementBloedsomloopstelselTegnologieSuiwelprodukWetenskapHannes van WykWeer (meteorologie)GalblaasGalileo GalileiSkoenlapperKernoorlogWikipediaMiddelmisbruikHipoteseSeksueel oordraagbare infeksieBosvarkCurly HowardLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)KommaRymVrouJapanProvinsies van Suid-AfrikaLys van Afrikaanse televisiereekseVersoeningsdagBestaansboerderyHeelgetalAkuutMenstruasieLeonardo da VinciVeerAkroniemLien se lankstaanskoeneSeksuele penetrasieDigtheidGoogleAartappelCristiano RonaldoOrtopedieJo BlackPinksterDiarree🡆 More