Musiekgroep Bittereinder: Suid-Afrikaanse kletrym/hiphopgroep

Bittereinder is 'n Suid-Afrikaanse kletsrym- /hiphop groep wat in 2009 ontstaan het.

Die groep bestaan uit Peach van Pletzen, Louis Minnaar en Jaco van der Merwe. Hulle musiek word deur 'n prominente tromritme gekenmerk, wat in meeste van hul musiek, met die uitsondering van enkele snitte gehoor kan word. Die naam Bittereinder is van die Bittereinders ontleen, wat 'n faksie van die Boere-guerrillavegters was wat in die latere stadiums van die Tweede Vryheidsoorlog (1899-1902) teen die magte van die Britse Ryk geveg het.

Bittereinder
Musiekgroep Bittereinder: Bittereinder op TV, Toekennings en nominasies, Lede
Bittereinder by Louis Minnaar
Agtergrondinligting
OorsprongPretoria (Suid-Afrika)
GenresKletsrym
Hip-Hop
Jare aktief2009 - 2023
EtiketteRhythm Records
Webwerfhttp://www.bittereinder.com
LedePeach van Pletzen
Louis Minnaar
Jaco Van Der Merwe

Hulle het al by groot Suid-Afrikaanse musiekfeeste soos Oppikoppi opgetree, en oor Suider-Afrika en Nederland getoer. Hulle is bekend vir hul hoë-energie vertonings.

In Mei 2017, het Van Der Merwe aangekondig dat Bittereinder besig was om op hulle vyfde album werk.

Bittereinder se vyfde album, getiteld Volksvreemde Vertalings is op 9 September 2022 vrygestel en neem 'n algehele baie rustiger, meer introspektiewe styl aan as hul vorige albums.

Bittereinder op TV

In Augustus 2013 verskyn Bittereinder prominent op 'n CNN-program genaamd "Inside-Africa", in 'n episode oor kulturele diversiteit in Suid-Afrika, veral in die hoofstad, Pretoria (Jaco sing ook in A Tale of Three Cities oor sy grootword in Pretoria). Die episode het uittreksels uit baie van Bittereinder se optredes en musiekvideo's bevat en 'n in-diepte-onderhoud met Jaco oor grootword as 'n Afrikaner in die 1990's in Suid-Afrika.

Bittereinder het ook al verskyn en lewendig opgetree op/by die volgende:

  • e.TV se hip hop program "Shiz NIZ",
  • SABC 2 se Afrikaanse sepie "7de Laan",
  • 5FM se "live @ 5",
  • kykNET se "Kwêla",
  • kykNET se "Hoor-Hoor!",
  • KykNET se "Fiesta ",
  • MK se regstreekse program "Studio 1" (verskeie kere),
  • verskyn in 'n samewerking met acapellagroep "The Soil" op SABC 2 se musiekmengselprogram "Jam Sandwich",
  • 5FM se Mashlab waar hulle 'n samewerking met "The Plastics & Jon Savage" geproduseer het in 2013,
  • 2012 en 2013 Pendoring-toekennings as die openingsvertoning in Kaapstad,
  • Bittereinder het ook by die 2013 en 2014 Tempo-toekennings opgetree,
  • Jaco was ook die aanbieder vir die 2013 MK Awards (saam met Bouwer Bosch).

Toekennings en nominasies

Na hul ontstaan in 2009 het hulle dadelik begin werk aan hul eerste album 'n Ware Verhaal, en dit vrygestel deur Rhythm Records in Oktober 2010. Die album het 'n SAMA (South African Music Award) vir die beste alternatiewe Afrikaanse album van 2011 ontvang, en is genomineer vir 2 Tempo Toekennings en 3 MK Awards. Die 4 snitte en video's van die eerste album het almal nommer 1 plekke op die MK Top 10 en verskeie radiostasies regoor Suid-Afrika behaal. Bittereinder stel hul 2de album Die Dinkdansmasjien in November 2012 vry, en weer bereik die eerste 3 snitte nommer 1 posisies op radio en videoparades (charts) regoor Suid-Afrika. Die Dinkdansmasjien is ook genomineer vir 'n SAMA, 'n MK-toekenning en 'n Tempo-toekenning.

Tussen die twee albums het Bittereinder saam met Jack Parow, Chris Chameleon, Tumi Molekane (Tumi & the Volume), Inge Beckmann (Lark / Beast), Hunter Kennedy (Fokofpolisiekar / Die Heuwels Fantasties), Toast Coetzer (Buckfever Underground), die Nederlandse kletsrymer Tim Beumers, Richard Brokensha asook die Kaapse kletsrymer HemelBesem gewerk.

Bittereinder het 'n soliede reputasie oor die afgelope 4 jaar van optredes by feeste in Suid-Afrika, Nederland, Mosambiek en Namibië verkry, en is vir 2013 & 2014 se MK Award genomineer vir "Best Live Act". Bittereinder het die 2013 "Best Local Band" Rekord-toekenning gewen.

Lede

  • Jaco van der Merwe - voorsanger/kletsrymer en skrywer (2009 – hede)
  • Peach van Pletzen - produsent en sanger (2009 – hede)
  • Louis Minnaar - produsent, sanger en visuele kunstenaar (2009 – hede)

Diskografie

Verwysings

Tags:

Musiekgroep Bittereinder Bittereinder op TVMusiekgroep Bittereinder Toekennings en nominasiesMusiekgroep Bittereinder LedeMusiekgroep Bittereinder DiskografieMusiekgroep Bittereinder VerwysingsMusiekgroep BittereinderBittereindersHip-hopJaco van der MerweKletsrymPeach van PletzenSuid-AfrikaTweede Vryheidsoorlog

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PuberteitGeskiedenis van Suid-AfrikaVoegwoordKlimaatMaanSuikersiekteKasteel die Goeie HoopFinale OplossingMorfologie (taalkunde)BloukraanvoëlAtoomVormLandbouKameeldoringNarsismePols-oksimeterAardbewingTussenwerpselD.J. OppermanWetenskapKindermishandelingToonhoogteBoerkaGeletterdheidFabelLys van Afrikaanse televisiereekseAtmosfeerGroot vyfKlein vyf diereZenobia KockWerkwoordElandréPropagandaVaste stofTelegram (sagteware)AfrikaVoedingKunsEid-oel-FiterLitiumNamibiese volksmoord 1904-1908Chemiese reaksieHoofpynVaginaSonenergieKoolhidraatKwikBernice WestSuid-Afrikaanse GrensoorlogPad na jou hartHadjKonsentrasiekampHeupEkonomiese sektorSkaakMetaanSout (chemiese stof)MonopolyHeks van HexrivierMadison IvyWatersuiweringMoedersdagMierBoomGriepKlimaatsverandering in Suid-AfrikaOrthopteraBosvarkOman KrieketWinterNoord-AmerikaVoëlNederlandsIngrid JonkerEngeland🡆 More