Bouwer Bosch: Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer, musikant, akteur en entrepreneur

Bouwer Bosch (gebore in Pretoria in 1984) is 'n Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer, musikant, akteur en entrepreneur.

Hy stel sy eerste album Almal maak Voute in 2011 vry, en word vereer met 'n Ghoema-trofee vir beste nuweling vir dié album in 2012. Sy album Hopelik is in 2016 vrygestel.

Bouwer Bosch
Bouwer Bosch: Loopbaan, Versoening, Diskografie
Bouwer Bosch tree op in Centurion
Agtergrondinligting
Gebore1984
Pretoria
OorsprongPotchefstroom
GenresPopmusiek
Beroep(e)Sanger-liedjieskrywer, musikant, akteur en entrepreneur
InstrumenteStem, kitaar
Jare aktief2011 — nou
EtiketteKanada Records
AssosiasiesStraatligkinders, Dans Dans Lisa
Webwerfbouwerbosch.co.za

Loopbaan

Bosch voltooi sy skoolloopbaan in Potchefstroom en verwerf 'n BA-graad in Kommunikasiekunde aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom in 2009. Hy is ook deel van die musiekgroep Straatligkinders wat in 2006 gestig is. In 2013 maak hy sy debuut as akteur in die film Klein Karoo. Hy was ook te sien in kykNET se Donkerland en Ligte Kamera Liefde.

Sy maatskappy, Bouwer Bosch Films, vervaardig musiekvideo's en hy is ook ambassadeur vir sy eie liefdadigheidsorganisasie, Liefde Wen.

Versoening

In 2017 verduidelik Bosch dat die idee van versoening vir apartheid iets is wat die afgelope twee jaar op sy hart was, en verduidelik dit in 'n onderhoud met Phindile Dhlamini. Hy sê dat mense die apartheidskaart in die media speel, by privaat funksies, en oral waar hy homself bevind, maar nêrens kan hy gesprekke oor apartheid vind waar mense eintlik net na mekaar sit en luister in plaas daarvan op mekaar te skree nie.

Afrikaner-aktivis en sanger Steve Hofmeyr sê dat Bosch se verskoning vir swart mense 'n gevaarlike skuldbelydenis is, en sê dat hy misleidend is en die werklikheid verontagsaam in die verskoning vir apartheid.

Diskografie

Ateljeealbums

Jaar Albumbesonderhede
2011 Almal Maak Voute
  • Vrygestel: 1 November 2011
  • Uitgewer: Kanada
Jaar Albumbesonderhede
2016 Hopelik
  • Vrygestel: 28 Oktober 2016
  • Uitgewer: Kanada

Bronne

Eksterne skakels

Verwysings

Tags:

Bouwer Bosch LoopbaanBouwer Bosch VersoeningBouwer Bosch DiskografieBouwer Bosch BronneBouwer Bosch Eksterne skakelsBouwer Bosch VerwysingsBouwer BoschGhoema-musiektoekenningsPretoriaSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AluminiumEben EtzebethTuberkuloseToringKatoenSkarlakenkoorsGoudNic de JagerBestaansboerderySmaakKokerboomKoos BekkerJo BlackNarkoseKalsiumArmoedeGewone luislangHolocaustMateriaalDurbanVerkoueDwelmmiddelWet op Bantoe-onderwysPolitieke partyUniondaleJohannesburgOlifantMenseregteBloedvergiftigingCristiano RonaldoSeksueel oordraagbare infeksieSonja HerholdtJagluiperdSjimpanseeVoortrekkermonumentOrgasmeVoortrekkersLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)RooibloedselGeldAfrikaanse TaalmonumentMandalaMagnetismeCorioliskragEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaBloedsomloopstelselGeskiedenis (vakgebied)KommaLugbesoedelingKomplementêre kleureSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureMangelontstekingKlitorisDansOlimpiese SomerspeleSias ReineckeNarsistiese persoonlikheidsteuringKarnivoorKoue OorlogElektroniese of digitale mediaMickey MuisMaroela MediaBesnydenisDiskriminasieLetterlike en figuurlike taalgebruikIndustriële Revolusie7de LaanDie Stem van Suid-AfrikaMenslike skeletSpreeuVolhoubare ontwikkelingSuikersiekteCradock-4Eerste WêreldoorlogKankerBronsVeer🡆 More