Bennie Fourie

Bennie Fourie (3 Augustus 1988) is ’n Suid-Afrikaanse akteur, skrywer en regisseur wat hom veral op komedie toespits.

Bennie Fourie
Bennie Fourie
Bennie Fourie

Geboorte 3 Augustus 1988
Pretoria
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep(e) Akteur, regisseur, draaiboekskrywer
Rolprente Vir die voëls, Vuil wasgoed, Sy klink soos lente, Mooirivier, Die Pro
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Herkoms

Fourie is die seun van wyle ds. B.C.G. (Ben) Fourie (2 Mei 19611 Junie 2020) en Susan (née Aucamp). Sy pa was van 1986 tot sy dood in die amp predikant van die Gereformeerde kerk Kameeldrift, Pretoria, sy enigste gemeente. Ds. Fourie was ’n neef van wyle ds. Gert Bester, wie se vrou, Anita, ds. Fourie se ma, Elizabeth (Sussie), se suster is. Bennie Fourie se ma, Susan, is 'n suster van ds. Cassie Aucamp, predikant van die Gereformeerde Kerk Andeon, ook in Pretoria. Sy broer, Reynold, was predikant van Boksburg-Suid van 2009 tot 2011 en is sedertdien medeleraar van Bellville-Oos.

Loopbaan

Fourie was jare lank deel van die improvisasiegroep Lagnes en het in 2015 die rol van Hermann in die eerste Afrikaanse branderplankry-rolprent, Die Pro, vertolk. In 2016 was hy te sien in Huisgenoot se eeufeesfliek, Vir die voëls, en Sy klink soos lente, ’n romantiese komedie. Hoewel hy lief is vir komedie, was sy eerste rol besonder uitdagend. Hy het Henry, ’n kwadropleeg, in Born to win (2014) gespeel. Bennie was ook deel van die ensemble-film Mooirivier, waarin hy teenoor Bouwer Bosch as ’n lighartige student met die naam Spys gespeel het.

Die rol waarop hy die trotsste is, is die hoofkarakter Kevin, ’n onseker werknemer by ’n wassery, in die galge-komedie Vuil Wasgoed. Hy was ook by dié kortprent betrokke as skrywer en regisseur. Dit het die prys vir beste kortprent op kykNET se Silwerskermfees in 2014 gewen. Bennie het daarna die draaiboek aangepas vir ’n vollengtefilm, wat in 2017 uitgereik is.

Hy is ook betrokke by die Afrikaanse kammadokkie-komedie, Hotel, saam met sy vriend Stiaan Smith. Hy was medeskrywer van Sterlopers saam met Deon Opperman en Tina Kruger. Bennie het ook as assistent-regisseur aan Mooirivier, Born to Win en Beurtkrag gewerk.

Bronne

Tags:

19883 AugustusSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TandbederfCSSKoos BekkerGenesisPornografieMolotofbomSaharaKrampSterrestelselOorlog in Soedan (sedert 2023)PerdVoortrekkermonumentAntieke EgipteLys van kleureRooikatVerkleurmannetjieSeksposisieSuurstofAsynFredi NestVier temperamenteSarah Rose KarrWoordeboek van die Afrikaanse TaalKoöperasiestoriesBelgiëDonker materieKoreaanse nasionale rugbyspanEjakulasieHartBaltimoreWikiquoteHottentot (vis)InsekBrasiliaanse nasionale rugbyspanGeskiedenis van AfrikaansJacques LootsBorsbeenNarkoseVoorhuidAnale kankerIerse nasionale rugbyspanAfkappingstekenFritz HaberYstervarkSigaretSkildklierLabia (geslagsdele)SeksualiteitGoogleAardverwarmingOos-KaapBorsteMielieHoërskool NoordheuwelSonnestelselSolidariteitNelson MandelaVolksrepubliek ChinaRussiese inval in Oekraïne sedert 2022NAVOKarakteriseringAnrich HerbstBrongitisSuid-Afrikaanse InkomstediensAarde se atmosfeerMangelontstekingEierleierJeugdagRugbywêreldbeker 1991SteenkoolLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Orale seksSonsverduistering🡆 More