MK (voorheen MK89 of Kanaal 89) was 'n Suid-Afrikaanse musiekkanaal op Multichoice se satellietdiens DStv.
Die kanaal het meestal gefokus op Afrikaanse programme en musiek, maar het ook 'n verskeidenheid van internasionale en Engelse musiek gespeel.
MK | |
---|---|
Gestig | Middel-1998 |
Gesluit | 31 Julie 2013 |
Eienaar | M-Net |
Beeldformaat | 16:9/4:3 (576i, SDTV) |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Engels, Afrikaans |
Hoofkantoor | Kaapstad |
Vorige naam | MK89 |
Susterkanale | M-Net KykNET SuperSport Koowee Vuzu |
Webtuiste | mk.dstv.com |
DStv | kanaal 324 (voorheen 89) |
Die kanaal het middel 2005 die lig gesien, en die naam is afkomstig vanaf die woorde Musiek Kanaal en die kanaal se destydse nommer op DStv, 89. Daar is mettertyd meer en meer na MK89 kanaal as net "MK" verwys, weens die moontlikheid dat Multichoice dalk die kanaalnommer kon verander in die toekoms, soos wat dit gereeld met sy ander kanale gedoen het, en dat MK89 dan sy identiteit sou kon behou. Op 1 Oktober 2007 is MK vanaf kanaal 89 na kanaal 324 verskuif. Teen die einde van Julie 2013 het DStv die kanaal gekanselleer en het besluit om dit te skuif na die klankpakket weens 'n gebrek aan kykers. MK handhaaf steeds 'n aktiewe aanlynteenwoordigheid op hul YouTube kanaal, Facebook blad en webwerf.
Die volgende word gelys as programme op hul amptelike webwerf:
Die kanaal se eerste toekenningsprogram, MK Awards 2007, is op 19 Februarie uitgesaai.[1] Geargiveer 6 Februarie 2007 op Wayback Machine. Daar is tien kategorieë, wat strek van meer 'ernstige' kategorieë soos Beste Solo en Beste Groep tot ligte kategories soos Swakste Video. Daar is 3 000 beoordelaars (die kanaal verwys na hulle as "Judges"), wat bestaan uit gewone mense, wat op die webwerf of deur middel van hulle selfone registreer, en dan deur die kanaal gekies is. Daar was omstredenheid oor die feit dat slegs mense van die teikenouderdom van die kanaal as beoordelaars gekies is.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article MK, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.