Oppikoppi is 'n jaarlikse musiekfees wat naby die myndorpie Northam, in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika, gehou word.
Die fees het aanvanklik begin deur hoofsaaklik op rock, blues en akoestiese musiek te fokus, maar het mettertyd jazz, kwaito, rap, wêreldmusiek, en talle ander genres op die verskeie verhoë aangebied. Jaarliks rondom Augustus besoek duisende mense die plaas en slaan kamp op in die bosveld om na die Suid-Afrikaanse musiek te luister. Die naam Oppikoppi is afgelei van de woorde "Op die koppie", waar "koppie" na die heuwel verwys waar die vertonings plaasvind. Die kampterrein is aan die voet van die heuwel, en bo-op die heuwel is 'n kroeg en 'n klein verhoog.
Oppikoppi | |
---|---|
Oppikoppi van bo gesien | |
Plek(ke) | Northam, Suid-Afrika |
Jare aktief | Vanaf 1994 |
Gestig deur | |
Datum(s) | Augustus |
Genre | Menigte - rock, jazz, house, akoesties, komedie, meer |
Webwerf | http://www.oppikoppi.co.za |
Die fees het vir die eerste keer in Augustus 1995 plaasgevind met 27 plaaslike kunstenaars en/of muskiekgroepe wat 'n klein dog entoesiastiese gehoor toegesing het. Die fees het intussen aansienlik gegroei, nuwe verhoë is by gebou en die jaarlikse skare beloop tans in die duisende: die beraamde jaarlikse gehoor kom neer op 15 000. Buiten die oorspronklike verhoog bo-op die sentrale koppie, is daar tans twee ander grasdakverhoë en nog twee kleiner verhoë. Die fees word ook deur sommiges beskou as die primêre invloed wat Suid-Afrikaanse rock-musiek 'n hupstoot gegee het in die laat negentigerjare.
Oppikoppi spog jaarliks met 'n reeks uiteenlopende kunstenaars wat vele moderne genres uitvoer.
Oppikoppi 2019, wat die 25ste aanbieding van dié fees sou wees, is gekanseleer weens die hoë vlakke van misdaad wat die fees tydens die 2018 aanbieding geteister het.
Elke Oppikoppi het tot dusver 'n ander naam en tema gehad. Hieronder volg 'n lys van elke Oppikoppi se naam soos wat dit verskyn op die amptelike Facebook-bladsy van Oppikoppi.
*Was aangebied by die Pretoria skougronde
Van die kunstenaars wat al by Oppikoppi opgetree het word hieronder gelys.
27°08′10″E / 24.88389°S 27.13611°O
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Oppikoppi, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.