Bessie: Klein, vleesagtige, gewoonlik eetbare vrug, wat 'n "bessie" in die botaniese sin mag wees of nie

In die algemene spreektaal is 'n bessie die kleinerige vrug van 'n plant.

In botaniese terme is 'n bessie egter, ongeag grootte, 'n eenvoudige, vlesige vrug met 'n enkele vrugbeginsel. Die soort bessies word "egte" of "ware bessies" genoem om hulle van valse bessies te onderskei. Volgens die definisie is tamaties, koejawels en druiwe egte bessies, maar moerbeie ('n saamgestelde vrug) en aarbeie ('n bykomstige vrug) is nie.

Bessie: Klein, vleesagtige, gewoonlik eetbare vrug, wat 'n
Deursnee van 'n vierhokkige tamatie.
Bessie: Klein, vleesagtige, gewoonlik eetbare vrug, wat 'n
Hierdie vrugte is volgens die botaniese definisie "egte bessies".
Bessie: Klein, vleesagtige, gewoonlik eetbare vrug, wat 'n
Hierdie vrugte is volgens die botaniese definisie nie bessies nie.
Bessie: Klein, vleesagtige, gewoonlik eetbare vrug, wat 'n
Swartbessies

Bessies kan verskillende vorme hê, van rond tot langwerpig, en kan eenhokkig of meerhokkig wees. Die vrugwand (die eksokarp) van 'n bessie kan dun (soos by rooibessies of druiwe) of dik (soos by spanspek) wees. Die bessie se sade is in die vleis (die mesokarp) ingebed.

Meeste bessies is klein, sappig en helder van kleur sodat hulle maklik deur voëls en ander diere raakgesien kan word. Plante wat bessies produseer maak hoofsaaklik op diere staat om die sade daarin te versprei. Sommige van die sade sal slegs ontkiem as dit deur 'n spysverteringstelsel gaan, waarna die saadhuid onder invloed van die verteringssap en mikrobiese inwerking vir water deurdringbaar word.

Mense gebruik hoofsaaklik groter bessies vir voedselproduksie. Die meeste wilde spesies dra kleiner bessies. Nie alle bessies is eetbaar nie en sommige daarvan is giftig vir mense.

Eksterne skakels

Tags:

AarbeiDruiweKoejawelPlantTamatieVrug

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MonopolieWilna SnymanTelkomHeupTswanaWitbankLys van elemente volgens simboolGroepsdrukC. Louis LeipoldtKoolstofPablo PicassoKunstenaarAbstraksie (rekenaarwetenskap)AlkoholismeStudievaardighedeTegnologieAnneli van RooyenInfeksieHemelvaartsdagD.J. OppermanLeestekenSeksismeGesonde dieetElon MuskOplossing (chemie)ApartheidGqeberhaSwawelKlavierVoedingGroot TrekSwartkwasmuishondWoordsoortSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureMandalaWaarheid-en-versoeningskommissieGevolge van aardverwarming op oseaneCalviniaTrekarbeidVerstedelikingOntwerpKnieLongontstekingGreen PornoBeaufortskaalLettergreepCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaVleilandBurgerregteLyfstraf in skoleGalblaasPerdebyeUitwerking van klimaatsveranderingNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike namePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaDuitse maselsJan van RiebeeckWerkwoordLeonardo da VinciConsolidated B-24 LiberatorKatRoemeensNierVraag en aanbodMenseregtedagSoortnaamGawes van die Heilige GeesKerrieFinansiële staatPenisWaterbesparing in Suid-AfrikaBedryfstelsel (inligtingstegnologie)Groot DepressieVarkgriepIoon🡆 More