Bernardo Bertolucci

Bernardo Bertolucci (IFA: berˈnardo bertoˈluttʃi; gebore op 16 Maart 1941 – 26 November 2018) was ’n Italiaanse rolprentregisseur en draaiboekskrywer.

Sy prente sluit in The Conformist, Last Tango in Paris, 1900, The Last Emperor, The Sheltering Sky en The Dreamers.

Bernardo Bertolucci
Bernardo Bertolucci in 2011
Bernardo Bertolucci in 2011

Geboorte (1941-03-16)16 Maart 1941
Parma, Italië
Sterfte 26 November 2018 (op 77)
Rome, Italië
Nasionaliteit Vlag van Italië Italië
Ouers Attilio Bertolucci (1911–2000)
Ninetta Giovanardi (1912–2005)
Beroep(e) Rolprentregisseur en draaiboekskrywer
Aktiewe jare 1962–2018
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Loopbaan

Bertolucci wou aanvanklik soos sy pa ’n digter word en het van 1958 tot 1961 aan die Universiteit van Rome studeer, waar sy loopbaan as assistentregisseur vir die Italiaanse rolprentmaker Pier Paolo Pasolini begin het. Kort daarna het Bertolucci die universiteit verlaat sonder om te gradueer. In 1962 het hy op 22 jaar sy eerste rolprent, die moordraaiselfliek La commare secca, geregisseer. Die vervaardiger was Tonino Cervi en die draaiboekskrywer Pasolini. Dit is in 1964 gevolg deur sy geloofde Before the Revolution (Prima della rivoluzione, 1964).

Die hoogtepunt in die Italiaanse rolprentbedryf wat Bertolucci se loopbaan ’n hupstoot gegee het, het in die 1970's afgeneem en Italiaanse regisseurs moes met hul Amerikaanse, Sweedse, Franse en Duitse eweknieë saamwerk. In 1972 was sy prent Last Tango in Paris, met Marlon Brando (as Paul) en Maria Schneider (Jeanne), omstrede oor onder meer ’n toneel van anale seks tussen die twee karakters. Die 20-jarige Schneider was vooraf onbewus van dié toneel en is net oomblikke voor die verfilming daaroor ingelig. Sy het Bertolucci tot met haar dood in 2011 nooit vergewe vir wat sy as emosionele verkragting beskou het nie. As gevolg daarvan het sy haar daarna beywer vir meer vroulike regisseurs, meer respek vir aktrises en ’n beter voorstelling van vroue in rolprente en ander media. Ook Brando het jare lank nie met die regisseur gepraat nie weens die trauma wat hy deurgemaak het. Bertolucci is in Italië hof toe gesleep oor die toneel, en die sensuurkommissie het gelas dat alle kopieë vernietig word. ’n Hof het Bertolucci se burgerregte vir vyf jaar opgeskort en hom ’n opgeskorte gevangenisstraf van vier maande opgelê. In 1978 het die appèlhof van Bologna gelas dat drie kopieë in die nasionale rolprentbiblioteek bewaar word met die opdrag dat hulle nie gekyk mag word nie, totdat Bertolucci dit later weer vir algemene verspreiding kon voorlê sonder dat dit gesny is.

Bernardo Bertolucci 
Bertolucci se ster op die Hollywood Walk of Fame.

Bertolucci se ster het helderder geskyn ná sy volgende paar prente, soos 1900 (1976), ’n epiese uitbeelding van boere se stryd in Emilia-Romagna van die begin van die 20ste eeu tot met die Tweede Wêreldoorlog. Dit het ’n indrukwekkende span akteurs gehad, onder andere Robert de Niro, Gérard Depardieu, Donald Sutherland en Burt Lancaster. Ander prente in dié tyd was La Luna (1979), wat handel oor dwelms en bloedskande, en La tragedia di un uomo ridicolo (1981).

In 1987 het Bertolucci die epiese The Last Emperor gemaak, ’n biografiese prent oor Aisin-Gioro Puyi, die laaste keiser van China. Hy het die Oscar vir beste regisseur gewen daarvoor. Die prent het ook die agt ander Oscars gewen waarvoor dit benoem is: vir beste prent, aangepaste draaiboek, kinematografie, rolprentredigering, kostuumontwerp, kunsregie, oorspronklike musiek en klank.

Hierna het die regisseur teruggegaan Italië toe en weer sy ou temas in prente gebruik, met wisselende resensies en loketontvangs. In 1996 het hy Stealing Beauty gemaak en in 2003 The Dreamers.

In 2007 het hy die Goue Leeu by die Venesiese Rolprentfees ontvang vir sy lewenslange bydrae, en in 2011 die Palme d'Or by die Cannes-rolprentfees.

Sy laaste prent was Me and You (2012). Hy wou dit eers in 3D skiet, maar het daarvan afgesien en die idee afgemaak as "vulgêr kommersieel".

Draaiboekskrywer en akteur

Bertolucci het ook verskeie draaiboeke geskryf, vir sy eie en ander regisseurs se flieks. Sy enigste ondervinding as akteur was in Golem – The Spirit of Exile (1992), met Amos Gitai as regisseur.

Filmografie

  • La commare secca (1962)
  • Before the Revolution (Prima della rivoluzione, 1964)
  • La via del petrolio (1965)
  • Il canale (1966)
  • Partner (1968)
  • Amore e rabbia (1969, segment "Agonia")
  • The Conformist (Il conformista, 1970)
  • The Spider's Stratagem (Strategia del ragno, 1970)
  • La salute è malata (1971)
  • 12 dicembre (1971)
  • Last Tango in Paris (Ultimo tango a Parigi, 1972)
  • 1900 (Novecento, 1976)
  • La Luna (1979)
  • Tragedy of a Ridiculous Man (La tragedia di un uomo ridicolo, 1981)
  • L'addio an Enrico Berlinguer (1984)
  • The Last Emperor (1987)
  • 12 registi per 12 città (1989, segment "Bologna")
  • The Sheltering Sky (1990)
  • Little Buddha (1993)
  • Stealing Beauty (1996)
  • Besieged (1999)
  • Ten Minutes Older: The Cello (2002, segment "Histoire d'eaux")
  • The Dreamers (2003)
  • Me and You (2012)

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Bernardo Bertolucci LoopbaanBernardo Bertolucci FilmografieBernardo Bertolucci VerwysingsBernardo Bertolucci Eksterne skakelsBernardo Bertolucci16 Maart1941201826 NovemberIFAItalië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WikipediaDachshundDuitse maselsSeksSebraGreta ThunbergDemokrasieHindoeïsmeMorfologie (taalkunde)WaterkringloopSmaakTrevor NasserAtlantiese OseaanNatuurbewaringKlein-KarooBrongitisHipoteseSosiale mediaPersoonlikheidWikiEnkelvoudige sinSkaakNieuwoudtvilleSuikersiekteWalvisVergelykings (taalkunde)PriemgetalByvoeglike naamwoordVerkleurmannetjieEendbekdierBreedtegraadMag (sosiale wetenskappe)MurraysburgBronsDeon GrootLys van Kaapstad se voorstedeTandbederfKoos BekkerSelfbeeldNamibiëSwartrenosterResensieAfrikaanse taalleerLys van Suid-Afrikaanse musikanteVeerSteve BikoWatersuiweringWoordeboek van die Afrikaanse TaalSamestellende afleidingSoweto-opstandKankerVigsHemelvaartsdagDansBruin huisslangKunsmatige algemene intelligensieAvbobNatriumtiosulfaatLeonardo da VinciMahatma GandhiN.P. van Wyk LouwKangogrotteVersoeningsdagOnbemande vliegtuigSeekoeiAngolese BurgeroorlogWortelSuid-Afrikaanse randInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandVoëlMIVWaterRobert SobukweGedigBloedvergiftigingKlimaatsverandering in Suid-Afrika🡆 More