Antieke Olimpiese Spele

Die antieke Olimpiese Spele was oorspronklik ’n fees ter ere van Zeus.

Later is nommers soos renne, spiesgooi en stoei bygevoeg. Dit was ’n reeks sportkompetisies tussen stadstate en een van die Pan-Hellenistiese spele van Antieke Griekeland. Die eerste Olimpiese Spele dateer van 776 v.C. Dit is steeds gehou nadat Griekeland onder Romeinse beheer gekom het, totdat keiser Theodosius dit in 393 n.C. beëndig het as deel van sy veldtog om die Christendom as Rome se staatsgodsdiens te vestig.

Antieke Olimpiese Spele
Die palestra by Olympia, waar stoeiers en ander atlete opgelei is.

Die spele is elke vier jaar gehou. So ’n Olimpiade van vier jaar het ’n manier van tydmeting geword. Tydens die spele het ’n wapenstilstand gegeld sodat atlete in veiligheid na Olimpia en terug kon reis. Die pryse vir wenners was olyfkranse. Die spele is gebruik om die Hellenistiese kultuur deur die Mediterreense gebied te versprei en dit is so belangrik geag dat politici bondgenootskappe daar sou sluit. Die spele het ook godsdienstige vierings ingesluit. Die Zeus-standbeeld van Olimpia is as een van die wonders van die antieke wêreld beskou. Beeldhouers en digters sou ook op elke spele hul werk ten toon stel.

Die antieke spele het baie minder nommers as die moderne Olimpiese Spele gehad en net vrygebore Grieke is toeglaat om deel te neem. Solank hulle aan die kriteria voldoen het, kon atlete uit enige deel van Griekeland deelneem. Die spele is elke keer by Olimpia gehou en nie soos die moderne spele elke jaar op ’n ander plek nie. Wenners is vereer en hul seges vir toekomstige geslagte aangeteken.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Antieke GriekelandChristendomPan-Hellenistiese speleRomeinse RykSpiesgooiStoeiTheodosius IZeus

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DonkieAngssteuringKrieketAfrikaDroomDiarreeGriekwa-AfrikaansMagnesiumSokkerFotoHoofkarakterAfvalbestuurGrondsoorteYsbeerKangaroeVarkgriepNatuurbewaringRookgewoonteTrekarbeidGoogle TranslateHipoteseTelevisieSpysverteringstelselSuurreënLys van chemiese elemente volgens atoomgetalReënspinnekopCleopatra VIISikloonDesmond TutuLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameRenosterWater (molekuul)HolocaustSeisoenBestuiwingTswanaNederlandVeelvoudige sinSinkXenofobiePlaattektoniekRooipandaStadStereotipeAntoniemCarles PuigdemontLys van Suid-Afrikaanse musikanteKunstenaarLidwoordHeks van HexrivierGoudkus (streek)Nelson MandelaAB de Villiers16 NovemberFacebookKoperMagsverheffingPolisieEugenetikaCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaNag van die lang messeBladwisselendNiersteenJeuksiekteVincent van GoghSuid-Afrikaanse GrensoorlogDolfynNaaldekokerSuiwelprodukWêreld- Ekonomiese ForumFinale OplossingJo BlackGeweldSonTamboraByung-Chul Han🡆 More