Abū Nuwās al-Ḥasan ibn Hānī al-Ḥakamī (ca 750 - 810), of net Abū Nuwās (Arabies: ابو نواس; Persies: ابو نواس, Abū Novās) was 'n Arabiese digter.
Vandag word hy as een van die grootste klassieke Arabiese en Persiese digters beskou. Tydens sy lewe het hy 'n meester van al die hedendaagse genres van Arabiese poësie geword. Volgens die verhale van Duisend-en-een-nag, is hy die metgesel van die Kalief Harun ar-Rashid.
Abu Nuwas se vader was 'n soldaat, sy naam was Hani, hy het in die weermag van Marwan II gedien. Sy moeder was 'n wewer, haar naam was Golban. Sy moeder was van Persiese afkoms. Sy vader het hy nooit van sy afkoms geweet nie. Volgens verskeie bronne was Abu Nuwas se geboortejaar plusminus tussen die jare 747 en 762. Party bronne beweer dat hy in Damaskus gebore is, ander bronne praat oor Bosra of Ahvaz. Sy volle naam was al-Hasan ibn Hani al-Hakami, 'Abu Nuwas' was 'n bynaam en beteken letterlik vader van die gekrulde haarlok.
Toe Abu Nuwas nog 'n kind was, verkoop sy moeder hom aan 'n kruidenier uit Basra. Daarna het die digter Walibah ibn al-Hubab 'n ontdekking gemaak dat Nuwas baie intelligent was. Verder het Walibah ibn al-Hubab realiseer dat Abu Nuwas 'n talent vir poësie gehad het. Dus het hy die seuntjie vrygekoop en dan het hy sy mentor in teologie, grammatika en poësie geword. Later het Khalaf al-Ahmar die seuntjie se mentor geword. Volgens party verhale het Abu Nuwas ook vir 'n jaar met Bedoeïene gewoon.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Abū Nuwās, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.