120347 Salacia: Asteroïde

120347 Salacia (uitspraak sa.laː.kja), met die voorlopige naam 2004 SB60, is ’n trans-Neptunus-voorwerp (TNV) in die Kuipergordel, met ’n deursnee van sowat 850 km en byna vir seker ’n dwergplaneet.

Sy huidige afstand van die Son is sowat 44,2 AE en sy skynbare magnitude sowat 20,5.

120347 Salacia   120347 Salacia: Asteroïde
120347 Salacia: Asteroïde
Salacia se wentelbaan is soortgelyk aan dié van Pluto.
Ontdekking 
Ontdek deur H.G. Roe
M.E. Brown
K.M. Barkume
Datum 22 September 2004
Plek van ontdekking Palomar-sterrewag
Kleinplaneet-benaming(120347) Salacia
Alternatiewe name2004 SB60
Kleinplaneet-kategorie TNV
Cubewano
Etimologie ’n Romeinse seegodin
Wentelbaaneienskappe 
Epog 16 Februarie 2017
Afelium 46,476 AE
Perihelium 37,27 AE
Halwe lengteas 41,87 AE
Wentelperiode 270,98 jaar (98 974 dae)
Gem. anomalie 122,66°
Baanhelling 23,93°
Lengteligging van stygende nodus 280,04°
Periheliumhoek 308,48°
Natuurlike satelliete Actaea (286±24 km)
Fisiese eienskappe
Afmetings 854±45 km (dieselfde albedo's)
Massa 4,38±0,16×1020 kg (stelsel)
Gem. digtheid 1,29+0,29−0,23 g/cm3 (stelsel)
Rotasieperiode 6,09 uur
Sideriese
rotasieperiode
6,09 uur
Absolute magnitude 4,360±0,011 (stelsel)
4,476±0,013 (Salacia)
6,850±0,053 (Actaea)
3.9

Beskrywing

Salacia is op 22 September 2004 by die Palomar-sterrewag in Kalifornië ontdek deur die Amerikaanse sterrekundiges Henry Roe, Michael Brown en Kristina Barkume. Beelde van voor sy ontdekking strek terug tot 25 Julie 1982. Salacia se wentelbaan is effens groter as Pluto s'n. Dit het een bekende maan, Actaea.

Sy wentelbaan het ’n gematigde eksentrisiteit van 0,107 en ’n groot helling van 23,9° – dit maak dit ’n uitgebreide verstrooideskyfvoorwerp volgens die Deep Ecliptic Survey en ’n klassieke Kuipergordelvoorwerp volgens Gladman et al. Salacia se wentelbaan is binne die parameterruimte van die Haumea-familie, maar is nie deel daarvan nie omdat dit nie die sterk waterys-absorpsielyne het wat eie aan die familie se lede is nie.

Die totale massa van die Salacia-Actaea-stelsel is 4,38±0,16×1020 kg, waarvan sowat 96% moontlik dié van Salacia self is. Salacia het sover bekend die laagste albedo en digtheid van enige groot TNV. Op Mike Brown se webtuiste word Salacia gelys as byna vir seker ’n dwergplaneet, maar die Internasionale Astronomiese Unie (IAU) erken dit nog nie as een nie.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Astronomiese eenheidDwergplaneetInternasionale Fonetiese AlfabetKuipergordelSkynbare magnitudeSonTrans-Neptunus-voorwerp

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VolstruisMenslike skeletRassismeEskomNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyGlobaliseringWaterPaasfeesVoegwoordSkaakGoogle MapsPlatoMasturbasieHarvey WeinsteinIllse RoosEendbekdierOorkruipersMeervoudEkonomie van Suid-AfrikaMasjienAngolaBruin huisslangVoedingBloukraanvoëlItaliëBeesvleisNarkoseGeskiedenis van AfrikaansStamlose broodboomKoos du PlessisGewone tarentaalBruin menseDysselsdorpPad na jou hartDansSeksismeAngolese BurgeroorlogLys van medisinale kruieBysteekKoue OorlogVierkantswortelMikro-ekonomieIslamitiese seksualiteitswetteKoorsSlawernyLeeudoringstadHerpes simplexMetafoorMiltAOmgewingskwessies in Suider-AfrikaJak de PriesterSharpeville-slagtingDesmond TutuWes-AfrikaGriepMaroela MediaDikdermLiefdeVeelvuldige skleroseGalileo GalileiDiarreeEnsiklopedieByGenreEreksieMuskietPersentasiePuberteitGewone luislangTamatieSwartkwasmuishondGautengSeksueel oordraagbare infeksie🡆 More