Wiskundige Terminologie: Wiki lysartikel

'n Groot aantal tegniese woorde en terme word in wiskunde ingespan.

Die terme verskyn dikwels in woordsomme, lesings en in die gedrukte media. Baie van hierdie woorde is algemene Afrikaanse terme, maar kan 'n meer spesifieke, nie-ooglopende betekenis hê wanneer dit in 'n wiskundige konteks gebruik word.

Bewerkingstekens

    Tekens soos + (plus); - (minus); × (maal) en ÷ (deel).
      27 + 19 = 46
      212 - 88 = 124
      63 × 9 = 567
      1008 ÷ 18 = 56

Verwantskapstekens

    Tekens soos gelyk aan (=); groter as (>) en kleiner as (<).
    Voorbeelde:
      15 > 1,5  (15 is groter as 1,5)
      3,3 km = 3 300m  (3,3 km is gelyk aan 3 300 m)
      50 g < 0,5 kg  (50 g is kleiner as 0,5 kg)

Som van / vermeerder / totaal

    Die som van 23 en 47 is 70.
    As mens 32 met 87 vermeerder, kry mens 119.
    Die totaal van 56 en 76 is 132.

Verskil / verminder / - (minus)

    Die verskil tussen 24 en 69 is -45.
    As mens 244 met 46 verminder kry mens 198.

Produk van / vermenigvuldig / × (maal)

    Die produk van 17 en 22 is 374.
    As mens 11 en 334 vermenigvuldig kry mens 3674.

Deler / deeltal / kwosiënt / ÷ (deel)

    12 (deeltal) ÷ 3 (deler) = 4 (kwosiënt)
    15 (deeltal) ÷ 4 (deler) = 3 res 3 (kwosiënt)

Veelvoude

    Veelvoude is getalle waarin die gevraagde getal presies kan indeel.
      V3 (veelvoude van 3): 3; 6; 9; 12; 15; 18; ....
      V12 (veelvoude van 12):  12; 24; 36; 48; 60; 72; ....

Faktore

    'n Faktor is 'n heelgetal wat presies in 'n spesifieke getal indeel (sonder 'n res).
      F8 (faktore van 8):  1; 2; 4; 8
      F15 (faktore van 15): 1; 3; 5; 15

Magte

    'n Mag dui die hoeveelheid keer aan wat 'n getal met homself moet vermenigvuldig word.
      2² (2 tot die mag 2) beteken: 2 × 2
      7³ (7 tot die mag 3) beteken: 7 × 7 × 7

Getalle

     'n Ander woord vir syfers / nommers. Mens kry:
      Natuurlike getalle (N):  1; 2; 3; 4; 5; 6; ....
      Telgetalle (N0): 0; 1; 2; 3; 4; 5; ....
      Heelgetalle (Z): -3; -2; -1; 0; 1; 2; 3; ....
      Ewe getalle: 2; 4; 6; 8; 10; ....
      Onewe getalle: 1; 3; 5; 7; 9; ....
      Priemgetalle (alle natuurlike getalle wat slegs deelbaar deur 1 en die getal self is): 2; 3; 5; 7; 11; 13; 17; …
      Saamgestelde of deelbare getalle (het meer as 2 faktore): 4; 6; 8; 9; 10; …
      Vierkant getalle (Die faktore is dieselfde getal met homself vermenigvuldig): 1 (1x1); 4 (2x2); 9 (3x3); 16 (4x4); …

Volgorde van bewerkings

    Hierdie reël bepaal die volgorde waarin bewerkings gedoen moet word wanneer daar verskillende bewerkingstekens in een som voorkom. Die volgorde waarin hulle hier onder neerskryf is, is dieselfde volgorde wat gebruik moet word om 'n probleem op te los (som te doen).
  1. Hakies
  2. Van
  3. × en  ÷ (van links na regs: hierdie tekens is ewe belangrik en jy doen eers die een wat eerste staan)
  4. + en - (van links na regs: hierdie tekens is ewe belangrik en jy doen eers die een wat eerste staan)

Bronnelys

Tags:

Wiskunde

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GordelroosSuid-Afrikaanse konsentrasiekampeMickey MuisVierde Industriële RevolusieGrondwetSonja HerholdtKontinentKrugerwildtuinMaagWoordsoortBruce FordyceOnderhandelinge om apartheid te beëindigGemeenskapsorganisasieTswanaElektroniese of digitale mediaVulvaMeervoudAfvalbestuurVolhoubaarheidBeesAardverwarmingDeon GrootAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidMarie AntoinetteVraag en aanbodHulpwerkwoordLys van Joodse feeste en herdenkingsSirkelJohannesburgLys van Afrikaanse televisiereekseLys van Afrikaanse skrywersAkuutPrimêre sektor van die ekonomieSlawernyEskomBraaiEugenetikaKarnivoorAngolese BurgeroorlogPuntEjakulasieProteïenJan-Willem BreureGemeenskapWieg van die MensdomVerkleurmannetjieNaaldekokerGeografie van Suid-AfrikaKlinkerVersamelnaamMantisSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureLangste woordRacheltjie de BeerVergelykings (taalkunde)MusiekImpakte van toerismeLionel MessiLys van Suider-Afrikaanse soogdiereEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaSwartbewussynsbewegingMaatskappyAfrikaanse woordelys en spelreëlsWerkloosheidAfrikaanse WikipediaElana AfrikaGedigSeksuele penetrasieVarkgriepOmgewingskwessies in Suider-AfrikaAardePesachGoogle MapsAfrikanersSiya KolisiDolfyn🡆 More