Onewe getal
'n Onewe getal is in wiskunde 'n heelgetal wat nie deur twee gedeel kan word nie. Die heelgetalle wat wel deur twee gedeel kan word, is ewe getalle. Alle heelgetalle is of ewe of onewe getalle. Daar word na die konsep van ewe en onewe getalle verwys as pariteit.
Die onewe getalle is:
..., -7, -5, -3, -1, 1, 3, 5, 7, ...
Eienskappe
Alle priemgetalle, met die uitsondering van 2, is onewe (anders is dit deur 2 deelbaar en nie 'n priemgetal nie).
Die som van twee onewe getalle is nooit onewe nie, maar 'n ewe getal.Byvoorbeeld:
3 + 9 = 12,
1 + 5 = 6,
159 + 673 = 832.
Die som van 'n ewe en 'n onewe getal is altyd onewe. Byvoorbeeld:
4 + 7 = 11,
28 + 13 = 41,
555 + 128 = 683.
Die produk van twee onewe getalle is ook self weer onewe.Byvoorbeeld:
3 × 7 = 21,
5 × 13 = 65,
127 × 583 = 74041.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladCarles PuigdemontKategorie:Artikels met NLG-identifiseerdersMenseregteSjabloon:Gebruiker ja-4GeweldSpesiaal:Onlangse wysigingsSjabloon:Gebruiker daSuid-AfrikaNazi-DuitslandMassamediaSjabloon:Gebruiker deSjabloon:Gebruiker ja-1ApartheidSjabloon:SybalkAntoniemErfenisdag (Suid-Afrika)HolocaustErfenisKategorie:Artikels met SNAC-ID-identifiseerdersSjabloon:Mediese vrywaringsnotaAminosuurRussiese inval in Oekraïne, 2022Bruto binnelandse produkNelson MandelaGeldSelfstandige naamwoordKoue OorlogKategorie:Skending van menseregteYsterWerkloosheidWaterbesoedelingEkonomie van Suid-AfrikaLêer:Wiktionary small.svgMinisterRobbeneilandLeeuBiochemieIntensiewe vormSkoenlapperRuslandStaalSjabloon:Gebruiker ja-2IdeologieNederlandKategorie:Gebruiker da-3Adolf HitlerTrappe van vergelykingArmoedeEnkelspelerTweede WêreldoorlogSuid-KoreaByvoeglike naamwoordMoordMeter per sekondeGetalWiki:OmtrentGregoriaanse kalenderGeorgetownMetaalAthelstan van EngelandMiddelmisbruikAfrikaansSpanjeProteïenVersamelnaamMax HorkheimerJudy GarlandSkilderkunsKorrupsieGoudTransliterasieJanet WardByWiki:General disclaimerKinderregteValsbaai-natuurreservaatKali Yuga