Leonhard Paul Euler (IFA: ; 15 April 1707 – 18 September 1783) was 'n baanbrekende Switserse wiskundige en fisikus, wat die grootste deel van sy lewe in Rusland en Duitsland deurgebring het.
Leonhard Euler | |
Portret deur Jakob Emanuel Handmann (1756) | |
Geboortenaam | Leonhard Paul Euler |
---|---|
Gebore | 15 April 1707 Basel, Switserland |
Oorlede | 18 September 1783 (op 76) Sint Petersburg, Russiese Ryk |
Blyplek | Koninkryk Pruise, Russiese Ryk, Switserland |
Vakgebied | Wiskunde en fisika |
Instelling(s) | Keiserlike Russiese Akademie van Wetenskappe Akademie van Berlyn |
Alma mater | Universiteit van Basel |
Doktorale promotor(s) | Johann Bernoulli |
Doktorale student(e) | Nicolas Fuss Johann Hennert Stepan Rumovsky |
Ander bekende student(e) | Joseph Louis Lagrange |
Handtekening |
Euler het belangrike ontdekkings in wyduiteenlopende vertakkings soos analise en grafiekteorie gemaak. Hy het ook baie moderne wiskundige terminologie en notasie ingevoer, veral vir wiskundige analise, soos die konsep van 'n wiskundige funksie. Hy is ook bekend vir sy werk in meganika, optika en sterrekunde.
Euler word beskou as die vernaamste wiskundige van die 18de eeu en een van die grootste van alle tye. Hy was ook een van die mees produktiewe; sy versameling beslaan 60–80 kwartovolumes. 'n Opmerking wat toegeskryf word aan Pierre-Simon Laplace druk Euler se invloed op wiskunde as volg uit: "Lees Euler, lees Euler, hy is die meester [d.i., onderwyser] van ons almal."
Euler is op die sesde reeks van die Switserse 10-frank banknoot en talle Switserse, Duitse en Russiese posseëls uitgebeeld. Die asteroïde 2002 Euler is ter ere van hom vernoem. Hy word ook deur die Lutherse Kerk volgens hulle Kalender van Beskermheiliges op 24 Mei gedenk.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Leonhard Euler, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.