William Wilkie Collins (8 Januarie 1824 – 23 September 1889) was 'n Engelse romansier, dramaturg en skrywer van kortverhale wat veral bekend is vir The Woman in White (1859) en The Moonstone (1868).
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Laasgenoemde is by geleentheid die eerste moderne Engelse speurverhaal genoem. Collins, wat in Londen gebore is, se vader William Collins was 'n skilder. Collins het in Italië en Frankryk grootgeword, en het Frans en Italiaans aangeleer. Hy het sy werks-loopbaan begin as klerk vir 'n teehandelaar. Na sy eerste roman, Antonina in 1850 verskyn het, het hy vir Charles Dickens ontmoet, wat 'n groot vriend en mentor geword het. Sommige van Collins se werke, soos All the Year Round en Household Words het aanvanklik in Dickens se tydskrifte verskyn, en hulle het ook saamgewerk op drama- en fiksie projekte. Collins het finansiële stabiliteit en internasionale aansien behaal deur middel van sy bekendste werke van die 1860's, maar het begin ly aan jig. Hy het opium vir die pyn geneem, en in die proses 'n verslawing ontwikkel. In die 1870's en 1880's het die kwaliteit van sy skryfwerk saam met sy gesondheid afgeneem. Collins was krities oor die huwelik; en dus het hy sy tyd verdeel tussen Caroline Graves en sy huweliksmaat in terme van die Engelse gemeenregtelike reg, Martha Rudd, saam met wie hy drie kinders gehad het. .
William Wilkie Collins | |
---|---|
Gebore | 8 Januarie 1824 |
Sterf | 23 September 1889 |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Beroep | Skrywer |
Kinders | 3 |
Handtekening | |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Wilkie Collins, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.