Vloot Van Die Volksbevrydingsleër

Die Vloot van die Volksbevrydingsleër (afgekort as PLAN van die Engelse naam People's Liberation Army Navy) is die seemag van die Volksrepubliek China.

Vloot Van Die Volksbevrydingsleër
Die huidige (2014) bevelvoerder van die Chinese Vloot: Admiraal Wu Shengli.

Ontstaan

Vloot van die Volksbevrydingsleër word kort na die Chinese Burgeroorlog met behulp van die Sowjetunie gestig, maar bly gedurende die volgende dekades relatief klein en swak omrede die militêre sterkte van die grondmagte baie belangriker geag word. Die Vloot was dan ook beperk tot die kuswaters en riviere. In die jare negentig begin China egter flink te investeer in sy Vloot, waar dit in die 21e eeu uitbrei tot die grootste in Asië.

Grootte

Die Chinese Vloot het ongeveer 255 000 manskappe, waaronder 10 000 mariniers en 26 000 personeellede in die vlootlugmag. Per tonnemaat is dit naas die Amerikaanse Vloot die grootste seemoondheid ter wêreld. Tog het hulle – net soos die lug- en grondmag – nog 'n groot tegnologiese en taktiese agterstand op Japan en die VSA. Ondanks die enorme numeriese oorwig is die Chinese en die Japannese Vlote volgens kenners in 2014 ongeveer ewe sterk.

Rol

Met die aanwesigheid van groter skepe in die nabygeleë seë wil die land sy militêre mag toon aan lande waarmee hul in dispuut is, soos Taiwan en Japan, en die Verenigde State, wie se vlote sterk aanwesig is in die streek. Boonop het China gegroei tot 'n ekonomiese reus, en moet hy dus sy handels- en energiebevoorradingsroetes beskerm.

In 1975 besluit Mao egter weer dat China 'n sterk Vloot moes hê teen die Sowjetvloot, wat in die ooste sterk aan die uitbrei was, en Japan, wat 'n sterk seemoondheid aan die uitbou was. In 1980 kom Deng Xiaoping aan bewind, en bevestig dat die vloot slegs 'n verdedigende funksie het en homself tot sy kuswaters moes beperk. Later speel die Vloot 'n groter rol omdat hulle China se gebiedseise op 'n aantal eilande aan die kus, veral Taiwan, moes beskerm. Daar geword weer 'n marinierskorps gestig en by die Suidseevloot ingelyf, om vir die besetting van eilande te begin oefen. Meer en meer eie skepe word gebou, waaronder die eerste Chinese kernduikboot.

Vloot Van Die Volksbevrydingsleër 
'n Tipe 094I-kernduikboot onderweg in 1993.
Vloot Van Die Volksbevrydingsleër 
'n Tipe 052D-torpedojaer vasgemeer by die eiland Changxing in April 2014.

Eksterne skakels

Verwysings

Tags:

Vloot Van Die Volksbevrydingsleër OntstaanVloot Van Die Volksbevrydingsleër GrootteVloot Van Die Volksbevrydingsleër Eksterne skakelsVloot Van Die Volksbevrydingsleër VerwysingsVloot Van Die VolksbevrydingsleërVolksrepubliek China

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Marita NapierRenteNG gemeente MoreletaparkDirigentHaasNagapieJohannesburgSt. LuciaTheodore RooseveltSuiwelprodukMuishondGurbanguly BerdimuhamedowOntwerpByVolkekundeBeeldspraakEreksieWorldCatVlag van EuropaWikimedia-stigtingThe GuardianGeologieOeigoereSelKlem-in-die-kaakAmazon.comOrkney Snork NieAirbus A340GeloftedagSiembambaAkteurGeskiedenis van erotiese afbeeldingsWes-AfrikaCencio SavelliWolmaransstadSeksuele opwekkingKunsMotorvoertuigOutismeChristo WieseArmeniëVersamelnaamDeon GrootPtolemeusGoeie VrydagXi JinpingBynierViëtnamVoorhuidSlag van die Goue SporeJudeaSangkunsKwartêrRomeinse provinsieJoe BidenJemenFransAfrikaanse TaalbewegingKarooPanama-dokumenteSlangSonMondKappie (skryfteken)Peter von GommHalifax, Nova ScotiaHottentot (vis)SlukdermMiddeloorontstekingMichail BoelgakofLys van slangeReënspinnekopJoaquin PhoenixKonjunktivitis🡆 More