Vlag Van Ossetië: Vlag

Die vlag van Ossetië is op 26 November 1990 deur die Republiek Suid-Ossetië en op 2 Oktober 1991 deur die Republiek Noord-Ossetië-Alanië in gebruik geneem.

Die vlag vertoon drie horisontale bane in wit, rooi en geel.

Vlag van Suid-Ossetië
Vlag van Suid-Ossetië
Vlag van Suid-Ossetië
Gebruik Burgerlike vlag Burgerlike vlag
Verhouding 1:2
Goedgekeur 26 November 1990
Ontwerp Drie horisontale bane in wit, rooi en geel.
Ontwerp deur Алан Чочиев (Alan Tsjotsjiëf)
Vlag van Noord-Ossetië-Alanië
Vlag van Noord-Ossetië-Alanië
Vlag van Noord-Ossetië-Alanië
Gebruik Burgerlike vlag Burgerlike vlag
Verhouding 1:2
Goedgekeur 2 Oktober 1991
Ontwerp Drie horisontale bane in wit, rooi en geel.
Ontwerp deur Алан Чочиев (Alan Tsjotsjiëf)

Kleure

Die kleurskema word hieronder gelys:

Vlag Van Ossetië: Kleure, Geskiedenis, Ander vlae  Wit Rooi Geel
RGB 255/255/255 255/0/0 255/223/0
Heksadesimaal #FFFFFF #FF0000 #FFDF00
CMYK 0/0/0/0 0/1/1/0 100/0.125/1/0

Interpretasie van kleure

Skema Tekstielkleur
Wit Morele reinheid.
Rooi Krygsheldhaftigheid.
Geel Rykdom en welvaart.

Geskiedenis

Die vlag wat deur Noord- en Suid-Ossetië gebruik word, is op 26 November 1990 deur die voormalige leier van die Adjamon Nichas (Osseties: Адæмон Ныхас, letterlik nasionale vergadering) en Suid-Ossetiese historikus, Alan Tsjotsjiëf, geskep en is aanvanklik as wapen van hierdie beweging gebruik. Die Suid-Ossetiese weergawe is op 26 November 1990 deur die grondwet van Suid-Ossetië voorgeskryf, en op 30 Maart 1992 bekragtig deur die Regulasie op die Nasionale Vlag.

Die vlag word ook gebruik deur die pro-Georgiese Voorlopige Administratiewe Entiteit van Suid-Ossetië wat vroeër vanuit Kurta geopereer het en nou in Tbilisi is, wat die Russies gesteunde separatistiese regering in Zchinwali teenstaan.

Die vlae van Noord-Ossetië-Alanië en Suid-Ossetië is byna identies met slegs die kleurskakerings wat verskil.

Onder die Sowjetunie het Noord-Ossetië ’n rooi vlag met ’n blou vertikale baan aan die vlagpaalkant, die hamer en sekel en die woorde “Noord-Ossetiese ASSR” in Russies en Osseties gebruik. Kort voor die ontbinding van die Sowjetunie is dit met die huidige vlag vervang, wat op 2 Oktober 1991 aanvaar is.

Ander vlae

Soortgelyke vlae

’n Paar nedersettings in Pole asook een woiwodskap, en die stad Santa Barbara, Kalifornië gebruik ook vlae in horisontale bane van wit, rooi en geel.

Verwysings

Eksterne skakels


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Vlag Van Ossetië KleureVlag Van Ossetië GeskiedenisVlag Van Ossetië Ander vlaeVlag Van Ossetië VerwysingsVlag Van Ossetië Eksterne skakelsVlag Van Ossetië199019912 Oktober26 NovemberNoord-Ossetië-AlaniëSuid-Ossetië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Leonardo da VinciLyfstraf in skoleRymNasionalismeMenseregteViëtnamoorlogRooms-Katolieke KerkBraaiIsraelLugbesoedelingWikimedia-stigtingSeisoenVulkanismeDroogteBeurtkragGeskiedenis van Suid-AfrikaKonsentrasiekampVerenigde KoninkrykNG gemeente TheunissenDiskriminasieGriekse teaterTaalBruin huisslangMenslike seksuele gedragNG gemeente MurraysburgSonja HerholdtKatoenEkologieLeestekenFrankrykBrandmondsindroomKlimaatNasionale VrouedagWerkwoordSelfmoordKlimaatsverandering in AfrikaViëtnamSkoolLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Lys van nedersettings in Suid-AfrikaSportAardedagLetterkundeNierEben EtzebethWiskundige terminologieGroot vyfJudaïsmeToekoms van die AardeBiodiversiteitVisJohnny RapidAfrikaanse woordelys en spelreëlsMasturbasieElektrisiteitOntdekking van goud in Suid-AfrikaElektroniese of digitale mediaKaapse VlakteWiskundeKernoorlogElandréLangste woordNatuurlike hulpbronRassisme in AfrikaByXHTMLWoestynBruce FordyceOsoonlaagGroot-VisrivierGroepsgebiedewetAfleiding (taalkunde)AfvalbestuurYouTubeNasiebouAdolf Hitler🡆 More