Vlag Van Gambië

Die nasionale vlag van die Gambië is op 18 Februarie 1965 amptelik in gebruik geneem.

Dit was met die onafhanklikheidwording van Brittanje. Die vlag vertoon ’n horisontale driekleur met bane in (van bo na onder) rooi, blou en groen met wit fraaiings om die middelste blou baan.

Vlag van Gambië
Vlag van Gambië
Vlag van Gambië
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 18 Februarie 1965
Ontwerp ’n Horisontale driekleur met rooi, blou en groen bane met wit fraaiings om die blou baan.
Ontwerp deur Pa Louis Thomasi

Simboliek

Die vier kleure in die vlag het elkeen ’n simboliiese betekenis. Die rooi stel die son en die grasvlaktes voor, die blou stel die Gambiërivier voor wat deur Gambië vloei, die groen stel die land en die bosse voor en die wit fraaiings stel vrede voor.

Ontwerp

Die rooi, blou en groen bane is nie ewe groot nie. Die rooi en groen bane is een-en-’n-half keer so breed as die blou baan. Die rooi en groen bane is elk een derde die hoogte van die vlag en die blou baan is 2/9. Saam met die fraaiings is die blou baan ook een derde in die hoogte. Die fraaiings is elk dus 1/18 in die hoogte van die vlag.

Vlag Van Gambië 
Konstruksietekening

Ander vlae

Vorige vlae

Tot onafhanklikheid in 1965 was Gambië onder Britse beheer. Tussen 1821 en 1888 het dit deel uitgemaak van Brits-Wes-Afrika en is ’n vlag van die kolonie gebruik (’n blou Britse vaandel) met die koloniale embleem. In 1888 het Gambië ’n afsonderlike kolonie geword en is ’n nuwe embleem in gebruik geneem en die vlag is daarvolgens aangepas. ’n Blou Britse vaandel met die koloniale wapen van Gambië aan die wapperkant is toe amptelik gebruik. Op die koloniale wapen staan ’n olifant voor ’n palmboom en ’n groen berglandskap. Onder die olifant staan in rooi letters die voorletters van die gebied (G.). Ghana (toe die Goudkus), Nigerië (toe die Lagos-kolonie) en Sierra Leone, ook voormalige Britse kolonies, het dieselfde koloniale wapen gebruik maar met hul eie voorletters daarop (G.C., L. en S.L. onderskeidelik).

Die vlag het onveranderd gebly ten tyde van die Senegambiaanse Konfederasie van 1982 tot 1989.

Ander vlae

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wiki vertaal.

Tags:

Vlag Van Gambië SimboliekVlag Van Gambië OntwerpVlag Van Gambië Ander vlaeVlag Van Gambië VerwysingsVlag Van Gambië Eksterne skakelsVlag Van Gambië18 Februarie1965Gambië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Slag van Cuito CuanavaleLabia (geslagsdele)Suid-SothoMorfologie (taalkunde)Verenigde State van AmerikaMasturbasieAdolf HitlerSwaziAfrikaanse taalleerFinale OplossingMigrasie van diereKaliumWeer (meteorologie)KweekhuiseffekBruin menseSleutel (musiek)SirkelHannes van WykNasionaal-SosialismeLys van Suider-Afrikaanse soogdierePenisNatriumtiosulfaatSASOLMikro-ekonomieCleopatra VIITrappe van vergelykingMadison IvyAnilingusBolandse aardbewing van 1969MusieksimboleHorlosieMobutu Sese SekoPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaSelfbeeldAanhalingstekensAngolaSeksRina HugoVersamelnaamDroogteKoerantBuffelVoyeurismeJohn Samuel SchlesingerTermietAfrikaanse naguilJeuksiekteNarkoseAfrikaansKappie (skryfteken)GoudBesproeiingKleurUniversele Verklaring van MenseregteBybelSendelingposisieEkonomie van Suid-AfrikaNamibiëAngssteuringHerfsReënspinnekopDuitsKersfeesOrgasmeSomerNG gemeente TheunissenMangelontstekingMantisWoestynTrekarbeidPotchefstroomCurly Howard19de eeuEskomAntjie Krog🡆 More