Veelpartyhandves: Politieke alliansie in Suid-Afrika

Die Veelpartyhandves, amptelik die Veelpartyhandves vir Suid-Afrika, is 'n voorverkiesingsooreenkoms in Suid-Afrika wat daarop gemik is om beide die drie-dekade heerskappy van die African National Congress (ANC) party, en die onlangse opkoms van die omstrede Economic Freedom Fighters (EFF)-party in die algemene verkiesing van 2024 teen te staan, en bied 'n moontlikheid van ‘n verenigde front in die verband.

Partye in die handves verteenwoording gesamentlik 112 van die 400 setels in die Nasionale Vergadering.

Ontwikkeling

Vroeg in 2023 het die African National Congress (ANC) en Economic Freedom Fighters (EFF) 'n koalisie in Johannesburg en Ekurhuleni gevorm waar die twee partye LMRs (lid van die munisipale raad) posisies beklee terwyl hulle 'n burgemeester van 'n minderheidsparty verkies. In April 2023 het die leier van die Demokratiese Alliansie (DA) John Steenhuisen, met die oog op die vooruitsigte van 'n ANC/EFF nasionale koalisie, 'n beroep gedoen dat "eensdenkende" partye saamstaan om 'n "doemdag-koalisie" te voorkom.

Op 17 Julie 2023 is die voorverkiesingsooreenkoms genaamd die Veelpartyhandves onderteken tussen die Demokratiese Alliansie (DA), Inkatha-Vryheidsparty (IVP), Vryheidsfront Plus (VF Plus), ActionSA, Independent South African National Civic Organisation (ISANCO), United Independent Movement (UIM), en Spectrum National Party (SNP). Die handvesgroep het 108 uit die 400-setel Nasionale Vergadering gehou.

Op 7 Oktober 2023 het die African Christian Democratic Party (ACDP) aangekondig dat hulle by die handves sal aansluit en die handves se sitplektelling van 108 tot 112 in die Nasionale Vergadering met 400 setels sal verhoog.

Op 14 Desember 2023 het die Veelpartyhandves aangekondig dat twee nuwe partye by die groep aangesluit het: die Noordwes-gebaseerde United Christian Democratic Party (UCDP) en die Gauteng-gebaseerde Ekhethu People's Party.

In Februarie 2024 het die Veelpartyhandves die aansoek van die Referendum Party om lidmaatskap van die hand gewys. Die party wat hulsef vir onafhanlikheid vir die Wes Kaap beywer is as “verdelend” beskryf deur die Veelpartyhandves-lede. Michael Beaumont, nasionale voorsitter van ActionSA, het gesê sy party sal eerder die handves verlaat as om met 'n verdelende beweging soos die Referendum Party geassosieer te word. Na aanleiding van die verwerping, het die Referendum Party 'n verklaring uitgereik waarin gesê word dat hy teleurgesteld is, maar nie verras is deur die afkeur nie, met partyleier Phil Craig wat gesê het ten spyte van die verwerping, sal hulle steeds saam met die Veelpartyhandves in die verkiesings stem.

The Unemployed National Party (UNP) het ook 'n lid van die Veelpartyhandves geword.

In Maart 2024 het drie lede van die Veelpartyhandves (die Spectrum National Party, Ekhethu People's Party en die Unemployed National Party) aangekondig dat hulle nie daarin kon slaag om vir die nasionale verkiesing te registreer nie. Hulle het ‘n beroep op hulle ondersteuners gedoen om vir enige party in die Veelpartyhandves te stem. Die United Christian Democratic Party het ook aangedui dat hulle nie nasionaal gaan deelneem nie, maar net op provinsiale vlak in die NoordWes, Noord Kaap en die Vrystaat.

Prioriteite en beginsels

By die gesamentlike persverklaring deur die ses stigterspartye is die koalisieregering se prioriteite soos volg uiteengesit:

  • Groei die ekonomie
  • Skep werk
  • Energie sekuriteit
  • Bekamping van misdaad
  • Bekamping van korrupsie en dwelms
  • Gehalte-onderrig vir almal
  • Hoë kwaliteit infrastruktuur
  • Kwaliteit gesondheidsorg vir almal
  • Verligting van Suid-Afrikaanse huishoudings wat in armoede leef

Die koalisie se ooreengekome beginsels, genaamd "gedeelde regeringsbeginsels", is:

  • Die Suid-Afrikaanse grondwet, die oppergesag van die reg, en gelykheid voor die reg
  • Desentralisering van die mag van die regering
  • 'n Deursigtige regering
  • Nul verdraagsaamheid teenoor korrupsie
  • Doeltreffende besteding van openbare geld deur die regering
  • 'n Oopmarkekonomie
  • Bewysgebaseerde beleide
  • Bevordering van nierassigheid en eenheid in die land se diversiteit

Verwysings

Tags:

African National CongressEconomic Freedom FightersSuid-AfrikaSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Vlekvrye staalKitaarHartaanvalLimfvatstelselViëtnamoorlogKankerJan-Willem BreureDeelwoordMieliestronkGoogleBruce FordyceNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaResensieIntensiewe vormMonopoliePlastiekDuitse maselsDigitale en analogiese tydKorrupsieMenslike skeletOntdekking van die chemiese elementeStruktuur van die AardeAtoomSanskritAssonansieKunselementeBelastingXhosaEwenaarThomas EdisonPersTropiese sikloonRassisme in AfrikaMenslike seksuele gedragInleiding tot die genetikaWêreld- Ekonomiese ForumKoos du PlessisSpinnekopGasBloedvergiftigingPad na jou hartPaasfeesBedryfstelsel (inligtingstegnologie)Anneli van RooyenEngelsIronieAfrikaOopbroninhoudStedelike hitte-eilandYouTubeDiarreeBrandmondsindroomOmtrek, oppervlakte en volumeIndustriële RevolusieEkostelselInternetKolonialismeSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024AlliterasieEben EtzebethKnysnaWortelLabia (geslagsdele)Lys van chemiese elemente volgens atoomgetalErfenisdag (Suid-Afrika)IslamKommaAngolese BurgeroorlogSeksPotchefstroomStaalBalletBesproeiingDonkie🡆 More