United Christian Democratic Party

Die United Christian Democratic Party is ’n politieke party in Suid-Afrika.

Dit is deur die voormalige president van Bophuthatswana, Lucas Mangope in 1997 gestig, en is vir die eerste vyftien jaar deur hom gelei. Mavis Matladi is as leier op 29 Januarie 2011 verkies maar is in Desember van dieselfde jaar oorlede. Isaac Sipho Mfundisi is op 7 Januarie 2012 verkies as president van die UCDP.

United Christian Democratic Party
UCDP
Logo van die United Christian Democratic Party
Leier Modiri Desmond Sehume
Slagspreuk Ready to deliver where others have failed
Gestig 1997
Voorafgegaan deur Tswana Nasionale Party
Hoofkwartier Mmabatho
Jeugvleuel UCDP Jeugliga
Ideologie Christelike demokrasie
Amptelike kleure          
Webblad www.ucdp.org.za

Die meeste van die party se steun kom uit die Noordwes-provinsie (waar Bophuthatswana geleë was), en het baie min teenwoordigheid elders in Suid-Afrika. Die UCDP was die grootste opposisieparty teenoor die ANC in Noordwes na die algemene verkiesings in 1999 en 2004, maar in 2009 het hulle teruggesak na die vierde grootste party in die provinsiale wetgewer na die ANC, DA en Cope.

Tydens die 2009 algemene verkiesing het die party 66 086 stemme (0.37% van die nasionale stemme), en twee setels in die parlement gekry. Dit was egter ’n groot terugslag aangesien die party ongeveer die helfte van sy steun, asook een setel, verloor het sedert die vorige verkiesing.

In die provinsiale verkiesing het die party se steun afgeneem van 8.49% en 3 setels in die Noordwes provinsiale wetgewer, na 5.27% en 2 setels in 2009. In 2009 het hulle in ses van die ander provinsies minder as 0.1% steun gekry.

Die party se missiestelling lê klem op die behoefte aan Christelike waardes, nie-rassige demokrasie en regeringstoelae vir selfonderhoud. In 2004 het die party se manifes uitgevaar teen die ANC weens die ANC se beweerde sagte optrede teenoor misdaad, nepotisme en die verwaarlosing van die infrastruktuur in Suid-Afrika.

’n Opname in 2003 deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN), het gevind dat 85% van die UCDP se kiesers vroulik was.

Verkiesingsresultate

Verkiesing Stemme % Setels
2014 United Christian Democratic Party  21,744 United Christian Democratic Party 0.12 United Christian Democratic Party 0
2009 United Christian Democratic Party 66,086 United Christian Democratic Party 0.37 United Christian Democratic Party 2
2004 United Christian Democratic Party 117,792 United Christian Democratic Party 0.75 United Christian Democratic Party  3
1999 125,280 0.80 3

Munisipale verkiesings

Verkiesing Stemme %
2021 United Christian Democratic Party  26 331 United Christian Democratic Party  0,09%
2016 United Christian Democratic Party  28 241 United Christian Democratic Party  0,07%
2011 United Christian Democratic Party  51 468 United Christian Democratic Party  0,15%
2006 334 504 United Christian Democratic Party  1,3%
2000 1%

Sien ook

Verwysings

Tags:

United Christian Democratic Party VerkiesingsresultateUnited Christian Democratic Party Sien ookUnited Christian Democratic Party VerwysingsUnited Christian Democratic PartyBophuthatswanaLucas MangopePolitieke partySuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SelfvertroueKindersiektesKinderregteAntoniemBestaansboerderyTermietKaliumSout (chemiese stof)Neo-NazismePolitieke partyOrthopteraEkonomieVoyeurismeBorskankerVerlede tydWeermagAtlantiese OseaanNag van die lang messeVulkanismeBesoedelingPuberteitTremEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaHidroulikaAfrikaanse Taalmonument (Welkom)SwaziCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaVrugbaarheidDroogteMahatma GandhiHorlosieVaginaOlimpiese SomerspeleLys van Suid-Afrikaanse skrywersGoogle MapsHernubare energieWetenskapGrondbesoedelingGroot-VisrivierKatherine JohnsonCristiano RonaldoGoudVigsAntisemitismeEierstokHoofpynLys van Griekse mitologiese figureWes-KaapPaarl GimnasiumSnaarinstrumentNatuurlike hulpbronKapitaal (ekonomie)BloedsomloopstelselKoue OorlogMieliestronkLangste woordDinosourusBuffelBurgerregteAfro-AmerikanersArmoedeverligtingLandbouKapitalismeSkaakGriekwa-AfrikaansWinterElektroniese of digitale mediaElon MuskOnderhandelinge om apartheid te beëindigCovid-19-pandemieGewone luislangGriekse teaterKolonoskopieKasteel die Goeie HoopYslandDagga🡆 More