Congress Of The People

Die Congress of the People (Cope, Kongres van die mense) is 'n Suid-Afrikaanse politieke party wat in 2008 gestig is deur voormalige lede van die African National Congress.

Die party word aanvanklik gelei deur voormalige ANC-lede Mosiuoa Lekota, Sam Shilowa en Mluleki George en het deelgeneem aan die 2009-verkiesing. Die party se totstandkoming is aangekondig na 'n nasionale byeenkoms in Sandton op 1 November 2008 en is amptelik tydens 'n kongres gestig in Bloemfontein op 16 Desember 2008. Die naam herinner aan die 1955-kongres, ook getiteld Congress of the People, waartydens die Vryheidsmanifes deur die ANC en ander partye aangeneem is. Die party se oogmerk is om die Suid-Afrikaanse Grondwet te beskerm.

Congress of the People
Cope
Leier Mosiuoa Lekota
Slagspreuk Reliable, Accountable, Incorruptible
Gestig 16 Desember 2008
Afgestig van African National Congress
Hoofkwartier Frickerweg 34–36, Illovo, Johannesburg, Gauteng
Studentevleuel Congress Students Movement [CopeSM]
Jeugvleuel Congress Youth Movement
Ideologie Sosiale demokrasie
Sosiale liberalisme
Progressiwisme
Nasionale affiliasie Collective for Democracy
Internasionale affiliasie Geen
Amptelike kleure Geel en rooi
Webblad www.congressofthepeople.org.za
Congress Of The People
Mosiuoa Lekota in 2000

In die algemene verkiesing van 2009 het die party 1 311 027 stemme en 'n 7,42%-aandeel van die stemme gekry. Ná die 2009-verkiesing het COPE 'n leierskapsgeskil ervaar tussen faksies wat Mosiuoa Lekota ondersteun en ander wat Mbhazima Shilowa ondersteun, wat gelei het tot 'n 2013-hofstryd, en tot in 2014 voortgeduur. Ná die 2014-verkiesing het COPE met net drie setels in die Nasionale Vergadering oorgebly, af van 30 setels in 2009.

Ondanks sy verminderde statuur het die party saam met die veel groter Demokratiese Alliansie (DA) en verskeie ander kleiner partye aangesluit om Nelson Mandelabaai, Johannesburg en Tshwane na die munisipale verkiesing van 2016 saam te regeer.

Leierskap konflik

In Augustus 2022 het adjunkpresident Willie Madisha verklaar dat leier Mosiuoa Lekota geskors is. Lekota het daarna verklaar dat sy skorsing onwettig was, aangesien Madisha saam met sekretaris vir kommunikasie Dennis Bloem en sekretaris vir verkiesings Mzwandile Hleko self geskors is. 'n Perskonferensie wat deur Lekota geroep is, het in 'n vuisgeveg tussen die mededingende faksies uitgesak.

Madisha is in Junie 2023 deur COPE afgedank.

Bloem het in Augustus 2023 uit die party bedank en gesê dat Mosiuoa Lekota, partyleier, die party in 'n 'grap' verander het, en dat hy nie meer deel van 'maagpolitiek' wil wees nie.

Verkiesingsresultate

Nasionale verkiesings

Congress Of The People 
Persentasie van stemme vir die Cope in die 2014-verkiesing, volgens kiesafdelings.
██ 0–20% ██ 20–40% ██ 40–60% ██ 60–80% ██ 80–100%
Verkiesing Stemme % Setels
2019 Congress Of The People  47 461 Congress Of The People  0,27% Congress Of The People  1
2014 Congress Of The People  123 235 Congress Of The People  0,67% Congress Of The People  3
2009 1 311 027 7,42% 30

Provinsiale verkiesings

Verkiesing Oos-Kaap Vrystaat Gauteng KwaZulu-Natal Limpopo Mpumalanga Noordwes Noord-Kaap Wes-Kaap
% Setels % Setels % Setels % Setels % Setels % Setels % Setels % Setels % Setels
2014 Congress Of The People  1,20% Congress Of The People  1/63 Congress Of The People  1,63% Congress Of The People  0/30 Congress Of The People  0,49% Congress Of The People  0/73 Congress Of The People  0,16% Congress Of The People  0/80 Congress Of The People  0,86% Congress Of The People  1/49 Congress Of The People  0,32% Congress Of The People  0/30 Congress Of The People  0,94% Congress Of The People  0/33 Congress Of The People  3,60% Congress Of The People  1/30 Congress Of The People  0,59% Congress Of The People  0/42
2009 13,67% 9/63 11,61% 4/30 7,78% 6/73 1,29% 1/80 7,53% 4/49 2,91% 1/30 8,33% 3/33 16,67% 5/30 7,74% 3/42

Munisipale verkiesings

Verkiesing Stemme %
2016 Congress Of The People  186 185 Congress Of The People  0,48%
2011 570 698 2,1%

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Congress Of The People Leierskap konflikCongress Of The People VerkiesingsresultateCongress Of The People Sien ookCongress Of The People VerwysingsCongress Of The People Eksterne skakelsCongress Of The PeopleAfrican National CongressBloemfonteinGrondwet van Suid-AfrikaMosiuoa LekotaPolitieke partySam ShilowaSandtonSuid-AfrikaVryheidsmanifes

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KonsentrasiekampSosiale ordeProteïenDundermAfro-AmerikanersSuiwelprodukNeurenberg-verhoreBreinvliesontstekingBrendan PeyperChemiese elementSlaginstrumentWayde van NiekerkSlawernySoweto-opstandDie ontstaan van die dramaSitrusWolkPad na jou hartMaanSarel Jacob PretoriusInternetAfkappingstekenOu Apostoliese KerkNatuurbewaringDoelwitGeweldKaliumAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeOorstromingWet op Bantoe-onderwysBorskankerCarles PuigdemontBeesLys van politieke partye in Suid-AfrikaBeaufortskaalLabia (geslagsdele)HemelvaartLidwoordMeettegniekXenofobie in Suid-AfrikaVolhoubaarheidAarde se atmosfeerAalwynAlliterasieKongo-krisisNieuwoudtvilleKolorektale kankerDiepaartromboseFanie ViljoenNamibiëGroot GatVergelykings (taalkunde)SlangMolekuulBloemfonteinKarakteriseringOos-KaapStadKrieketBoelieryGroot vyfNatuurlike hulpbronPersentasieGevolge van aardverwarming op oseaneAnneli van RooyenDiskriminasieGenitale vratGalblaasStereotipeWoordeboek van die Afrikaanse TaalKinderregteFacebookOopbroninhoudPlastiek🡆 More