Tradouwpas

Die Tradouwpas is 'n bergpas in die Wes-Kaap op die R324-streekroete deur die Langeberge.

Die pas verbind Swellendam op die N2 via Suurbraak met Barrydale op die R62 in die Klein Karoo. Die pas is 12km lank, bereik 'n hoogte van 351m bo seevlak en 'n maksimumhelling van 1:10.

Tradouwpas
Die Tradouwpas
Ligging Tussen Swellendam en Barrydale
Maksimumhelling 1:10
Hoogte 351 m
Lengte 12 km
Ingenieur Thomas Bain
Begin in 1869
Voltooi in 1873
Verbou 1979
Pad R324
Tradouwpas
Die Tradouwpas in die Langeberg.

Geskiedenis

Die pas is gebou deur Thomas Bain. Die projek het in 1869 begin en die pas is oopgestel vir verkeer op 27 Oktober 1873 deur sir Henry Barkly. Die pas is Southeyspas genoem om 'n vorige Swellendamse landdros te vereer, maar die naam was nie gewild nie. Aan die noordelike kant van die pas het die pad in 1875, 1902 en 1906 weggespoel. Daarna is die betrokke stukkie pad 18m hoër herbou. In 1979 is 13km van die pas herbou volgens moderne standaarde. Die naam Tradouw is afgelei van 'n Khoi-woord met die betekenis van "vroue se pad".

Sien ook

Bronne

Tags:

BarrydaleBergpasKlein KarooLangebergN2 (Suid-Afrika)R324 (Suid-Afrika)R62 (Suid-Afrika)SuurbraakSwellendamWes-Kaap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Coca-ColaTweede WêreldoorlogWaterbesparing in Suid-AfrikaMierToekoms van die AardeTydSuid-Afrikaanse GrensoorlogKindersiektesPriemgetalVormMahatma GandhiVulvaBrandmondsindroomGasToerismeBeesvleisDeelteken en umlautVerkragtingMikro-ekonomieCristiano RonaldoSwawelAfrikaansVratSlimfoonDermpoliepVerenigde KoninkrykConsolidated B-24 LiberatorLys van Griekse mitologiese figureInflasieBelastingSASOLSportNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaSwitserlandKrugerwildtuinPotchefstroomDemi Lee MooreKonflik (proses)DuitsSikloonKlem-in-die-kaakLeonardo da VinciAfrikaanse woordelys en spelreëlsNic de JagerPornhubBreinvliesontstekingAntisemitismeStaatstoelaeHindoeïsmeSkoenlapperSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024OranjerivierDesmond TutuDokterSelfieReënAfrikanernasionalismeMobutu Sese SekoKlein gekolde katSwemBloedvergiftigingGedigPornografiese akteurAkroniemPlastiekMarie AntoinetteAssonansieKapitalismeJaco JacobsBaljuAB de VilliersFranse RewolusieLieweheersbesieKolonialismeJosef StalinGeografie van Suid-AfrikaTikTokFinale Oplossing🡆 More