Barrydale: Dorpie in die Wes-Kaap Provinsie van Suid-Afrika

Barrydale is 'n dorpie op die grens van die Overberg en die Klein Karoo in die Wes-Kaap, Suid-Afrika.

Dit is geleë in 'n nou vallei in Langeberg by die begin van die Tradouwpas op pad na Swellendam waar die pad van Suurbraak af by die R62 wynroete tussen Montagu en Oudtshoorn aansluit.

Barrydale
Uitsig oor Barrydale
Uitsig oor Barrydale
Barrydale is in Wes-Kaap
Barrydale
Barrydale
Barrydale: Geskiedenis, Omgewing, Kerke in Barrydale Barrydale se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 33°54′S 20°44′O / 33.900°S 20.733°O / -33.900; 20.733 20°44′O / 33.900°S 20.733°O / -33.900; 20.733
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistrikOverberg
MunisipaliteitSwellendam
Stigting1882
Oppervlak
 • Totaal25,77 km2 (9,95 vk. myl)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal4 156
 • Digtheid161/km2 (420/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense11.9%
 • Indiërs/Asiërs0.4%
 • Bruin mense83.3%
 • Swart mense3.6%
 • Ander0.8%
Taal (2011)
 • Afrikaans 90.6%
 • Engels 6.6%
 • Xhosa 1.1%
 • Ander 1.1%
Poskode (strate)
6750
Poskode (posbusse)
6750
Skakelkode028

Geskiedenis

Barrydale se geskiedenis begin in die vroeë 1700's toe boere na die gebied getrek het op soek na vrugbare grond met water. In 1978 word die Nederduits Gereformeerde gemeente van Barrydale gestig en word grond aangeskaf om 'n kerk te bou waar die paaie wat vandag as die R62 en R324 bekend staan ontmoet. Die dorp wat in 1880 gestig is, is vernoem na Joseph Barry. Die munisipaliteit is in 1921 gevestig.

Omgewing

Wingerde en boorde is in die omgewing aangeplant en in 1940 is die Barrydale Koöperatiewe Wynkelder gevorm en 'n brandewyn distilleerdery gevestig. Die warm klimaat leen die gebied tot die verbouing van verskeie soorte vrugte en daar is menige vrugteboorde in die vrugbare Tradouwvallei aangeplant. Appels, pere en lemoene word hier in die winter geoes en appelkose, vye, en perskes en druiwe in die somer.

Soos baie ander dorpe in Suid-Afrika is die nalatenskap van apartheid nog duidelik sigbaar in die verdeling van die dorp in 'n “wit-” en “swart-” gedeelte wat meestal deur afstammelinge van die inheemse KhoiKhoi bewoon word. Die dorpie is kultureel divers met beide Engels- en Afrikaanssprekende inwoners asook onlangse immigrante uit Europa. Die dorpie se bevolking is tans ongeveer 3500 permanente inwoners wat dramaties styg tydens die toeriste-seisoen. Die klimaat is gematig met warm droë somers met gemiddelde temperatuur van 25 °C wat soms tot 35 °C styg. Winters is ook matig, nat en temperatuur daal soms tot -1 °C wat gepaardgaan met ligte ryp.

Kerke in Barrydale

Kerkgeboue van die verskillende gemeentes in die dorp:

Galery

Sien ook

Eksterne skakels

Verwysings

Tags:

Barrydale GeskiedenisBarrydale OmgewingBarrydale Kerke in Barrydale GaleryBarrydale Sien ookBarrydale Eksterne skakelsBarrydale VerwysingsBarrydaleKlein KarooLangebergMontaguOudtshoornOverbergR62 (Suid-Afrika)Suid-AfrikaSuurbraakSwellendamTradouwpasWes-Kaap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KaliforniëPols-oksimeterKlimaatveranderingNamibiëInstagramDokterOnderwerp (taalkunde)MusiekHelga UysSaldanhaMieliestronkKunsmisSigaretJudaïsmeGeelsugArmoedeverligtingKarooEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaSosiale mediaSowjetunieLys van Afrikaanse televisiereekseOvulasieDikdermCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaSkilpadAlice MunroTelefoonByMierleeuSeksuele penetrasieKongo-krisisDoopPêrelSatellietfotoKomplementêre kleureLys van konings van IsraelSwaweldioksiedBobby AngelVleilandPseudowetenskapKaapstadse waterkrisis 2015-2018VoëlgriepLuislangeStres in hoërskoolWet op Bantoe-onderwysLika BerningGlasDonderstormAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeVoedingKrimpvarkieGeografie van Suid-AfrikaSeksismeVolhoubare ontwikkelingMierBeurtkragSteenkool in Suid-AfrikaElzette MaarschalkKletsrymLys van politieke partye in Suid-AfrikaKunsmatige intelligensieNommertekenNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyWaterkringloopAPersKatoenRenosterKindersiektesKunsIgtiologieAfrikaanse woordelys en spelreëlsRieldansDierXenofobie🡆 More