Thinis: Verlore Antieke Egiptiese stad

Thinis of This (Egipties: Tjenoe) was die hoofstad van Antieke Egipte tydens die Vroegdinastiese Tydperk.

Die stad is nog nie weer ontdek nie, maar word dikwels deur antieke skrywers genoem, onder andere die Egiptiese historikus Manetho. Hy het dit ’n stamkonfederasie genoem waarvan die leier, Menes (of Narmer), Bo- en Benede-Egipte verenig het en die land se eerste farao was.

Thinis: Verlore Antieke Egiptiese stad
Hoewel die ligging van Thinis onbekend is, was dit naby Abydos (op die foto) geleë.

Vanaf die 3de Dinastie, toe die hoofstad na Memphis geskuif is, het Thinis begin agteruitgaan. Sy ligging op die grens van die mededingende Herakleopolis en Thebe van die Eerste Oorgangstydperk en sy nabyheid aan sekere oases met moontlike militêre belangrikheid, het verseker dat Thinis nog ’n aansienlike rol gespeel het in die Ou Ryk en die Nuwe Ryk.

Hoewel die stad se presiese ligging onbekend is, is daar konsensus onder Egiptoloë dat dit in die omgewing van antieke Abydos en die moderne Girga was.

Verwysings

Tags:

Antieke EgipteFaraoManethoMenesNarmerVroegdinastiese Tydperk van Egipte

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

IMenslike seksuele gedragKoggelmanderSodomieBipolêre gemoedsteuringDaggaSkilpadRomeinse syfersHernubare energieEmily HobhouseProstaatmasseringErfenisdag (Suid-Afrika)EugenetikaSpringbokPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaNaaldekokerManLieweheersbesieLiefdeOogproblemeDuitslandJohan VorsterBakoorjakkalsGeskiedenis van AfrikaansElzette MaarschalkWikipediaPlaasmoorde in Suid-AfrikaNamakwalandBaardskeerder-spinnekopEreksieKappie (skryfteken)BDSMWoordeboekLeukemieLetterkundeSelfstandige naamwoordKiewieteGeelslangLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Noord-AmerikaAprilNarsismePannekoekLys van Afrikaanse televisiereekse20GeldKuifkophoutkapperSemenTandbederfRuhan du ToitCarike KeuzenkampCarles PuigdemontTheuns JordaanSaraikiXenofobie in Suid-AfrikaKinkhoesHeuningbyTreinBobby van JaarsveldKoorsKaapstadKankerbossiePinksterDramaLys van Afrikaanse skrywersKokerboomAfrikaanse Protestantse KerkBroodbomeBart SimpsonAfrikaansAnette EngelbrechtTownshipNamibiëNjalaBeenbreuke en ontwrigtings🡆 More