Menes

Menes (Egipties: Mnj, waarskynlik uitgespreek maˈnij; Grieks: Μήνης; Arabies: مينا) was ’n farao van die Vroegdinastiese Tydperk van Antieke Egipte.

Hy kry gewoonlik die eer dat hy Bo- en Benede-Egipte verenig het en as die stigter van die 1ste Dinastie.

Menes
Farao
Voorganger
Opvolger Hor-Aha?
Menes in Egiptiese hiërogliewe
Nebty-naam
G16
<1
Y5
N35
M17
Menes
Portaal  Portaalicoon   Antieke Egipte

Daar word steeds druk gedebatteer oor die identiteit van Menes, hoewel die meeste Egiptoloë reken hy was die protodinastiese farao Narmer of die 1ste-dinastiese Hor-Aha. Albei farao's word in verskillende bronne genoem as die koning wat Antieke Egipte verenig het.

Die algemeen gebruikte naam "Menes" kom uit die pen van die Egiptiese historikus Manetho, wat tydens die Ptolemeïese Ryk geleef het. Hy het die vorm Μήνης (Mênês) gebruik. Menes beteken "hy wat volhard" en Edwards (1971) glo dit was dalk ’n bloot beskrywende titel "vir ’n semi-legendariese held wie se naam verlore gegaan het".

Narmer en Menes

Die feitlik algehele afwesigheid van die naam Menes in die argeologiese rekord en die talle meldings van die naam Narmer, ’n protodinastiese figuur wat vereenwelwig word met vooruitgang en ’n groot aanspraak het op die vereniging van Bo- en Benede-Egipte, het aanleiding gegee tot die teorie dat hulle dieselfde persoon was.

Die hoofverwysing na Menes is ’n ivooretiket van Naqada met die Horusnaam Aha (die farao Hor-Aha) langs ’n gebou waarin die Nebtynaam mn (waarskynlik Menes) voorkom. Die volle titel van die farao's was tradisioneel albei name, maar soms is net een gebruik. Hieruit het die teorie ontstaan dat Menes en Hor-Aha dieselfde persoon of opeenvolgende farao's was.

Die Turynse en die Abydos-koningslys, wat gewoonlik as korrek aanvaar word, gebruik net die Nebtyname van farao's en nie hul Horusname nie, en dit is moeilik om die verskillende rekords te laat ooreenstem: die Nebtyname van die koningslyste, die Horusname van die argeologiese rekords en die aantal farao's in die 1ste Dinastie volgens Manetho en ander historiese bronne.

Petrie het dit eerste probeer en Iti verbind met Djer as die derde farao van dié dinastie, Teti (Turyn) – of nog ’n Iti (Abydos) – met Hor-Aha as die tweede farao, en Menes (’n Nebtynaam) met Narmer (’n Horusnaam) as die eerste farao. Lloyd (1994) dink dié volgorde is "hoogs moontlik", en Cervelló-Autuori (2003) stel dit kategories dat "Menes Narmer is en die 1ste Dinastie met hom begin het". Seidlmayer (2004) glo egter dis veilig om te aanvaar Menes was Hor-Aha.

Datums

Egiptoloë, argeoloë en geleerdes van die 19de eeu het verskillende datums voorgestel vir die era van Menes, of die begin van die 1ste Dinastie. Die moderne konsensus is dat die dinastie tussen omstreeks 3100 en 3050 v.C. ontstaan het; sommige meen dit was omstreeks 3000 v.C.

Verwysings

Bronne

  • Heagy, Thomas C. (2014), "Who was Menes?", Archeo-Nil 24: 59–92 . [1]

Tags:

Menes Narmer en Menes DatumsMenes VerwysingsMenes BronneMenesAntieke EgipteArabiesFaraoGrieksVroegdinastiese Tydperk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GeboorteHeuningSpelerposisies in rugbySuid-Afrikaanse randSpringbokkeRoossenekalKobus LombardInsekFisioterapieSelfoonHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalMondLys van veltoestandeHannes van WykSkoolMonopolieTrevor NoahReënvalbepalingEjakulasieCSSViëtnamOligopolieBonné de BodHartaanvalLewerGewone luislangJesus van NasaretSiya KolisiMalariaApartheidGasNatuurbewaringSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024LandbouJode in Suid-AfrikaBywoordGlobaliseringLys van musiekinstrumenteLabia (geslagsdele)GoudBloeding7de LaanTsoenamiAarde se atmosfeerMuishondHemelvaartsdagLieweheersbesieWaterbesparing in Suid-AfrikaCristiano RonaldoSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994RekenaarMeningsverskil oor aardverwarmingPoesSonnestelselLys van Kaapstad se voorstedePad na jou hartGraatjiemeerkatDigtheidHoenderViëtnamoorlogMaagCarles PuigdemontSaartjie BaartmanEskomSteenkool in Suid-AfrikaMagda van BiljonPaarl GimnasiumLourensrivierKindermishandelingHoofstadDemi Lee MooreTandbederfSkaakAkwariumMaroela Media🡆 More