Bakoorjakkals

Die bakoorjakkals (Otocyon megalotis), bekend vanweë sy groot ore, is 'n klein, skadelose dier wat in Oos- en Suid-Afrika voorkom.

Dit is die enigste spesie in die genus Otocyon. As gevolg van die bakoorjakkels se gebit, word dit soms ook as 'n selfstandige subfamilie beskou (Otocyoninae).

Bakoorjakkals
Bakoorjakkals
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Caninae
Genus:
Otocyon

Müller, 1835
Spesie:
O. megalotis
Binomiale naam
Otocyon megalotis
(Desmarest, 1822)

Bakoorjakkalse het 'n grysbruin pels en groot, breë ore wat binne-in wit is. 'n Gemiddelde volwasse bakoorjakkals het 'n massa van 5 kg, 'n lengte van ± 80 cm en 'n hoogte van ± 35 cm. Sy ore is ongeveer 13 cm lank en goed ontwikkel is om by die woestynklimaat aan te pas. Die oppervlak van die ore is goed beaar en bevorder die verwerking van oortollige hitte.

Bakoorjakkals
Twee bakoorjakkalse in die veld.

Bakoorjakkalse lewe van insekte en ander goggas, muise en ander knaagdiere en wilde vrugte. Hulle sal ook soms klein voëltjies vang of voëleiers eet. Sy gebit lyk ook meer op dié van 'n inseketer as dié van 'n roofdier. Bakoorjakkelse het tussen 40 en 46 relatief klein tande.

Hulle kom in droë streke voor en is meestal snags aktief. Bakoorjakkalse woon alleen, in pare (met hulle kleintjies) of selfs in klein groepe. Die wyfie is vir 3 maande dragtig en skenk telkens aan 3 tot 5 kleintjies geboorte. Beide ouers help om die kleintjies groot te maak.

Subspesies

Sien ook

Bronnelys

  • Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. ISBN 0-86953-027-5.
  • Clark, H.O., Jr. 2005. Otocyon megalotis. Mammalian Species. 766:1-5.
  • Nel & Maas (2004): Otocyon megalotis by die IUCN se Red List vir bedreigde spesies.
  • Hondagtiges in Wêreldspektrum, volume 11. 1983 Ensiklopedie Afrikana: (EDMS) BPK.
  • Vosse in Wêreldspektrum, volume 29. 1983 Ensiklopedie Afrikana: (EDMS) BPK.

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TurksvySwart nasionalismeGewone luislangAardeKommunikasieSuid-Afrikaanse GrensoorlogNaboomMaagdelikheidBipolêre gemoedsteuringPsigopatieAtoomAndré JacobsSteenkool in Suid-AfrikaAardedagKarooVerkleinwoordGeslagsregister vanaf Adam tot JesusHeks van HexrivierGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaDikdermPornografiese subgenresGevolge van aardverwarming op oseaneRolprentMangelontstekingKragopwekkingAppendiksSkoenlapperOnderwys in Suid-AfrikaCSSInfeksieLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaTrekarbeidVarkEpilepsieRekenaarByVlinderJoseph LynchSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994MensMaatskappyLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsMobutu Sese SekoJeugdagWiki CommonsWieg van die MensdomMuskeljaatkatOrkney Snork NieSosiale mediaBosvarkVergelykings (taalkunde)SkaapHerfsKlawers (speelkaarte)PenisBosluisbytkoorsRivierOseaanbesoedelingBergen-Belsen-konsentrasiekampKompasDoopMierleeuSlag van Cuito CuanavaleDeon MeyerOvulasieSikloonTweede VryheidsoorlogAlliterasieBestaansboerderyTrevor ManuelKatAbstraksie (rekenaarwetenskap)DokterSel🡆 More