Herakleopolis: Antieke Egiptiese stad

Herakleopolis (Grieks: Ἡρακλεόπολις, Latyn: Heracleopolis Magna) was die hoofstad van die 20ste nomos (administratiewe streek) van Antieke Egipte.

Dit is sowat 15 km wes van die hedendaagse stad Beni Suef geleë. In Egipties het dit Henen-nesoet, Nen-nesoe of Hwt-nen-nesoe geheet, wat beteken "huis van die koninklike kind".

Herakleopolis: Antieke Egiptiese stad
’n Deel van ’n reliëfwerk op die muur van ’n begrafniskapel in Herakleopolis, uit tussen die 9de en 11de Dinastie.

Geskiedenis

Die datum van die eerste nedersetting op die terrein is onbekend, maar ’n inskrywing op die Palermosteen vertel van farao Den se besoek aan die heilige Herisjef-meer by Nenj-neswt, die stad se antieke naam. Dit moes dus al in die middel van die 1ste Dinastie bestaan het, omstreeks 2970 v.C.

Herakleopolis het tussen 2181-2055 v.C., tydens die Eerste Oorgangstydperk, belangrik geword en sy hoogtepunt bereik. Ná die val van die Ou Ryk is Egipte verdeel in Bo- en Benede-Egipte en Herakleopolis het die hoofstad van laasgenoemde geword. Die stad het Benede-Egipte in so ’n mate beheer dat Egiptoloë soms na die tyd tussen die 9de en 10de Dinastie (2160-2025 v.C.) verwys as die Herakleopolitaanse Tydperk. Die stad was dikwels in konflik met die hoofstad van Bo-Egipte, Thebe.

Teen die tyd van die Ptolemeïese Ryk (322-30 v.C.) was Herakleopolis nog ’n belangrike godsdiens- en kultuursentrum, en tydens die Romeinse tydperk (30 v.C.-390 n.C.) was dit steeds bewoon.

Verwysings

Eksterne skakels

30°56′4″O / 29.08556°N 30.93444°O / 29.08556; 30.93444

Tags:

Antieke EgipteEgiptiesGrieksLatynNomos

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DermpoliepFort BeaufortInsekKlinkerAlbert EinsteinTegnologieGrieksKweekhuiseffekMiddelmisbruikKoekie (rekenaarwetenskap)WinterJan de WetKoolstofdioksiedStedelike hitte-eilandArmoedeverligtingUnited Democratic FrontApartheidBateNazi-DuitslandVrymesselaryVitamienOnderhandelinge om apartheid te beëindigGeskiedenis van die BoererepubliekeMikro-ekonomieLiefdeTierFinale OplossingGeskiedenis van AfrikaansMiltBukkakeOrganisasie sonder winsoogmerkWekkerWoordsoortFiksieWalvisHipertensieHentaiVlermuisXenofobieLugbesoedelingSprokieSlawernyHTMLRenosterMosambiekMenseregtedagGewone breukeKomplementêre kleureLongOogproblemeDemokratiese Republiek die KongoItaliaansJudaïsmeBreingewasLys van nedersettings in Suid-AfrikaEnkelvoudige sinVersoeningsdagMenseregteKasteel die Goeie HoopWhatsAppSosialismeDemi Lee MooreAdolf HitlerHematurieNiersteenVoegwoordAlliterasieSwart menseLettergreepMynbedryf van Suid-AfrikaPenisTsoenamiTylaSkooluniformDigvormArmoedeHeup🡆 More