Tatjana Schoenmaker

Tatjana Schoenmaker (* 9 Julie 1997, Johannesburg –) is 'n Suid-Afrikaanse vroueswemmer wat in borsslag spesialiseer.

Sy het in 2019 twee goue medaljes by die Wêreldswembyeenkoms in Tokio gewen. Sy het die silwermedalje in die 100 meter borsslag tydens die Olimpiese Spele in 2020 gewen. Sy is die wêreldrekordhouer in die 200 meter borsslag.

Tatjana Schoenmaker
Tatjana Schoenmaker
Gebore9 Julie 1997 (1997-07-09) (26 jaar oud)
Johannesburg, Suid-Afrika
NasionaliteitVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
BeroepOlimpiese swemmer
Bekend virWêreldrekordhouer in die
200 meter borsslag

Vroeë loopbaan

Schoenmaker het in Roodepoort grootgeword, op vyfjarige ouderdom leer swem en op agtjarige ouderdom aan haar eerste kompetisies begin deelneem. In 2012 verhuis haar gesin na Pretoria en woon sy TuksSport High School by. Daar volg sy die Olimpiese oorwinning van Chad le Clos tydens die Olimpiese Spele in Londen. Sy beskryf die ervaring hiervan as 'n motivering vir haar eie loopbaan.

Vanaf 2014 het Schoenmaker verskeie suksesse in borsslag by die nasionale kampioenskappe behaal. Toe sy 18 jaar oud word in 2015 het sy vier goue medaljes (50, 100 en 200 m borsslag en die wisselslagaflos) by die Afrika-spele in Brazzaville gewen. By die Suid-Afrikaanse proewe in 2016 het sy die Olimpiese kwalifiseringstyd van 2:26,94 minute op die 200 m baan met 'n honderdste van 'n sekonde misgeloop.

Schoenmaker, wat sedert die begin van 2010 met onderbrekings deur Rocco Meiring afgerig is, het haar prestasie aansienlik verbeter nadat sy die Olimpiese kwalifikasie in 2016 misgeloop het en daarna verskeie internasionale medaljes gewen. In 2017 het sy silwer in die 200 m borsslag gewen by die Universiade byeenkoms in Taiwan.

Internasionale loopbaan

2018 Statebondspele

Sy het aan die 2018 Statebondspele deelgeneem en goue medaljes in die 100 meter borsslag en 200 meter borsslag vir vroue gewen.

Olimpiese somerspele 2020 (gehou in 2021)

In Junie 2021 kwalifiseer sy om Suid-Afrika tydens die Olimpiese somerspele vir 2020 te verteenwoordig.

Vir die Olimpiese somerspele van 2020 in Tokio was sy die nommer een gekeurde vir die 200 meter borsslag vir vroue. Volgens voorspellings het sy vierde gelê om die 100 meter borsslag te wen. In die eerste rondte van die 100 meter borsslag het Schoenmaker die eerste plek behaal uit alle uitdunne, deurgedring na die halfeindronde, en 'n nuwe Olimpiese- en Afrikarekord opgestel met haar tyd van 1:04.82. (Die Olimpiese rekord wat sy verbeter het se tyd was 1:04.93, wat op die Olimpiese Somerspele in 2016 opgestel is deur die Amerikaner Lilly King.) In die halfeindronde het Schoenmaker die vinnigste tyd van 1:05.07 geswem. In die finaal het sy die silwermedalje verower, wat die eerste medalje vir 'n Suid-Afrikaanse vrou in swem by 'n Olimpiese Spele sedert 2000 was.

In die uitdunne van die 200 meter borsslag op dag vyf van die kompetisie, het Schoenmaker 'n algehele eerste plek behaal met 'n tyd van 2:19.16, 'n nuwe Olimpiese rekord, en deurgedring na die halfeindronde. Haar tyd was minder as 'n tiende van 'n sekonde stadiger as die wêreldrekord van 2:19.11 wat deur Rikke Pedersen opgestel is. Sy het dit opgevolg met 'n beste tyd van 2:19.33 in die halfeindrondte.

In die finaal het Schoenmaker met 'n tyd van 2:18.95 'n nuwe wêreldrekord in die 200 meter borsslag vir vroue opgestel en die goue medalje verower. Haar wêreldrekord was die eerste individuele wêreldrekord wat in swem by die Olimpiese Spele van 2020 opgestel is. Haar goue medalje was die eerste goue medalje wat 'n atleet van Suid-Afrika tydens die Olimpiese Somerspele in 2020 verower het. Haar spanmaat, Kaylene Corbett, het ook die eindronde gehaal, wat dit die eerste keer sedert die Olimpese Spele in Sydney 2000 maak dat twee Suid-Afrikaanse vroue die eindronde van dieselfde byeenkoms haal.

Verwysings

Tags:

Tatjana Schoenmaker Vroeë loopbaanTatjana Schoenmaker Internasionale loopbaanTatjana Schoenmaker VerwysingsTatjana Schoenmaker19979 JulieJohannesburgOlimpiese Somerspele 2020Tokio

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KleinblouoorglansspreeuPalantir TechnologiesNarsistiese persoonlikheidsteuringRooikatSuiderkruisBosluisbytkoorsBrongitisBulgaryeLianie MayAngolaWindkragKarlien van JaarsveldBoomBeëdigde verklaringJesus van NasaretKoekie (rekenaarwetenskap)MercuriusSenuweestelselJacques LootsHATSkipOlifantPfizerInflasieMieliestronkSkilpadWiki CommonsKoöperasiestoriesChanette PaulVoedingAardverwarmingGrondMiddelmisbruikOssewaSielkundeBorrieFrankrykPaddaVerantwoordelikheidWeervoorspellingBoet TroskieHendrik PrinslooBloublasieVarkgriep.npKongo-krisisKruisigingBroodwortelLionel MessiWaarheid-en-versoeningskommissieMaatskappyLionel PetersonHolocaustAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeTongaanse nasionale rugbyspanAarverkalkingFredi NestProvinsies van Suid-AfrikaMarkus JoosteMaroela MediaLys van persone in die BybelJaarHondSeisoenAnglisismeSeks2001DikdermKommunismeSpringsStapelvoedselNumeriese en meetkundige patrone🡆 More