Sunette Viljoen

Sunette Stella Viljoen (Rustenburg, 6 Oktober 1983) is 'n Suid-Afrikaanse atleet wat in spiesgooi spesialiseer.

Sy het ook vanaf 2000 tot 2002 in internasionale krieket vir die Proteas se vrouespan gespeel. Sy verteenwoordig haar vaderland tydens die Olimpiese Speles van 2004 in Athene, 2008 in Beijing, 2012 in Londen en 2016 in Rio de Janeiro.

Sunette Viljoen
Sunette Viljoen
Sunette Viljoen in Zürich, 2010
Volle naam Sunette Stella Viljoen
Gebore 6 Oktober 1983 (1983-10-06) (40 jaar oud)
Rustenburg, Suid-Afrika
Kolfstyl Regshandig
Boulstyl Regterarm mediumvinnig
Rol Veelsydig
Internasionale geskiedenis
Enigste Toets (no 36) 19 Maart 2002 v Indië
EDI debuut (no 26) 20 Junie 2000 v Engeland
Laaste EDI 16 Maart 2002 v Indië
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toets EDI
Wedstryde 1 17
Lopies aangeteken 88 198
Kolfgemiddeld 44.00 16.50
100s/50s 0/1 0/1
Hoogste telling 71 54*
Aflewerings geboul 228
Paaltjies 5
Boulgemiddeld 33.20
5 paaltjies in 'n kolfbeurt 0
10 paaltjies in 'n wedstryd n/a
Beste boulontleding –/– 3/27
Vangskote/Stonkings 0/– 3/–
Bron: Cricinfo, 31 Mei 2020

Atletiek loopbaan

Viljoen het goud gewen by die 2009 Summer Universiade byeenkoms in Belgrado met 'n afstand van 62,52 meter in die spiesgooi vir vroue. Tydens die kwalifiseringsronde het sy 'n nuwe Afrikarekord van 65,46 meter opgestel, wat haar landgenoot Justine Robbeson se rekord van 63,49 m, wat in Februarie 2008 in Potchefstroom opgestel is, oorskry. Op 14 Junie 2010 verbeter Viljoen haar eie rekord deur 66,38 m by die Josef Odložil gedenkbyeenkoms in Praag te gooi.

Viljoen verower 'n silwermedalje tydens die IAAF Wêreldkampioenskappe in Daegu, Korea op 2 September 2011. Met 'n gooi van 68,38 m verbeter sy die Afrikarekord. Later verbeter sy weer die Afrikarekord na 69,35 m tydens die Adidas Grand Prix byeenkoms in New York in Junie 2012. Tydens die Olimpiese Spele 2012 behaal sy 'n vierde plek.

By die 2013 Wêreldatletiekkampioenskap in Moskou het Viljoen die sesde plek behaal met 'n afstand van 63,58 meter. In 2014 was sy tweede op die Statebondspele. Later in dieselfde jaar wen sy die Afrikakampioenskappe met 'n afstand van 65,32 m.

Tydens die Olimpiese Spele van 2016 in Rio wen sy die silwermedalje in die spiesgooi vir vroue.

Titels

  • Afrika Kampioenskappe: Spiesgooi – 2004, 2008, 2010
  • Statebondspele: Spiesgooi – 2006, 2010
  • Universiade Kampioenskappe: Spiesgooi – 2009, 2011
  • Suid-Afrikaanse Kampioenskappe: Spiesgooi – 2003, 2004, 2006, 2009

Persoonlike rekords

Item Afstand Datum Plek
Spiesgooi 69,35 m (AR) 9 Junie 2012 New York

Eksterne skakels

Tags:

Sunette Viljoen Atletiek loopbaanSunette Viljoen TitelsSunette Viljoen Persoonlike rekordsSunette Viljoen Eksterne skakelsSunette Viljoen19836 OktoberAtheneAtleetBeijingKrieketLondenOlimpiese Somerspele 2004Olimpiese Somerspele 2008Olimpiese Somerspele 2012Olimpiese Somerspele 2016ProteasRio de JaneiroRustenburgSpiesgooiSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Tweede VryheidsoorlogWeervoorspellingAardeGrondbesoedelingKlimaatBronadresLys van Kaapstad se voorstedeSwart menseSarel Jacob PretoriusWolfAngolese BurgeroorlogAfrikanernasionalismeGeletterdheidRobert SobukweSuid-Afrikaanse WeermagErosietipesFibonacci-reeksRivierHidroëlektrisiteitLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)BTWSout (chemiese stof)SpysverteringstelselJudaïsmeAarverkalkingLabia (geslagsdele)Sint JorisdagOlimpiese SomerspeleCheslin KolbeDubbelpuntUnited Democratic FrontBruin huisslangVioolLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsLys van slangeDikdermLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaDonkieRassisme in AfrikaResensieBedryfstelsel (inligtingstegnologie)CorioliskragVincent van GoghDemi Lee MoorePlae van EgipteNasionaal-SosialismeSamestellende afleidingBeeldspraakSeksuele penetrasieBoerboelTrigeminale neuralgie7de LaanWeer (meteorologie)JSEGoudC. Louis LeipoldtMantisPenisMuishondBloedsomloopstelselBreinvliesontstekingDiskriminasieHemelvaartVars waterDesimale breukeIngrid JonkerSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024SeksismeMiddeloorontstekingXenofobieGroot-VisrivierTegnologieDaggaArmoedeHerfsMidde-OosteAfrika🡆 More