Sunday Express

Die Sunday Express was 'n Sondagkoerant wat tot in 1985 in Johannesburg, Suid-Afrika, uitgegee is.

Sunday Express
I.W. Schlesinger, stigter van die Sunday Express en nog drie koerante.
Sunday Express
Arthur Barlow, eerste redakteur van die Sunday Express en Daily Express.
Sunday Express
'n Advertensie vir die Sunday Express in The 1957 Advertising & Press Annual of Africa.

Ontstaan

Die magnaat I.W. Schlesinger het die koerant in Maart 1934 begin as die eerste van ’n groep koerante wat hy van voorneme was om uit te gee. Ander koerante wat gevolglik ook die lig gesien het, was The Daily Express, uitgegee in Johannesburg, en The Sunday Tribune en The Daily Tribune, albei in Durban.

Verkoop

Toe Schlesinger sy koerantbelange in 1939 laat vaar, was die Sunday Express deel van die verkoop van sy koerante aan Rand Daily Mails Ltd. (£44 047), die Sunday Times Syndicate Ltd. (£49 286) en die Argus Printing and Publishing Company Ltd. (£206 667). Die Sunday Express het nog tot einde 1939 verskyn, toe daar 'n papierskaarste was en ander probleme weens die Tweede Wêreldoorlog hul kop uitgesteek het.

In 1943 het die Rand Daily Mails en die Sunday Times die hele Argus-aandeel in die Sunday Express uitgekoop, toe die destydse South African Associate Newspapers Ltd. (SAAN) die eienaar daarvan geword. Eers in September 1945 het die koerant weer begin verskyn.

Sirkulasie

Die Sunday Express was regdeur sy bestaan ’n poniekoerant. In die vroeë 1970's was dit die naasgrootste verkoper van Suid-Afrika se Engelse koerante; net die Sunday Times se sirkulasie was meer. In die tweede helfte van 1975 was sy sirkulasie 167 888, vergeleke met die Sunday Times se 501 018 en die Sunday Tribune se 157 297. Toe het Weekend World, gemik op die swart mark, die tweede plek ingeneem met 'n sirkulasie van 178 708. Onder die Engelse dagblaaie het The Star die beste presteer met 'n sirkulasie van 181 025 op weeksdae en 115 919 op Saterdae, vergeleke met die Rand Daily Mail se 131 872 op weeksdae.

Sluiting

Die Argus-groep het in 1984 die Sunday Star in direkte kompetisie met die Sunday Express op die Rand van stapel laat loop. Ook het die Saturday Star van 'n middag- na 'n oggendkoerant verander en hom op eiendomsadvertensies begin toespits. Omdat dit die Sunday Express se vernaamste inkomste was, het dit grotendeels bygedra tot die ondergang daarvan die jaar daarna. In 1985 het toenemende verliese SAAN verplig om die Rand Daily Mail sowel as die Sunday Express te sluit. Aangesien die bydrae van die drie groot SAAN-koerante tot die maatskappy se inkomste foutief bereken is, het die verlies skerp toegeneem nadat die Mail gesluit is. Dit het SAAN verplig om baie van die bates te verkoop, soos eiendom en groot rolperse. 'n Gesamentlike ooreenkoms is met die Argus-groep gesluit om The Star en die nuwe blad wat uit die Mail gebore is, Business Day, op eersgenoemde se rolpers te druk.

Redakteurs

  • Arthur Barlow, 1934–1938
  • E.B. Dawson, 1938–1939
  • A.B. Hughes, 1945–1950
  • A. Botting, 1950–1956
  • Joel Mervis, 1956–1958
  • H.H. Huxham, 1958–1961
  • M.A. Johnson, 1961–?

Bron

Tags:

Sunday Express OntstaanSunday Express VerkoopSunday Express SirkulasieSunday Express SluitingSunday Express RedakteursSunday Express BronSunday ExpressJohannesburgSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Klimaatsverandering in AfrikaSuid-Afrikaanse konsentrasiekampeBurgerregteVerkleurmannetjieMonumentTuisbladKoorsblaarKlavierJan-Willem BreureDirekte en Indirekte redeOrthopteraDierAfvalbestuurDermpoliepRina HugoLimpopo (rivier)TaalTremDagboekAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeOntbossingLieweheersbesieVisNierversakingVulkanismeLyfstraf in skoleOorstromingVierde Industriële RevolusieHoofpynHeks van HexrivierNetbalMierLetsiteleSout (chemiese stof)TandbederfTransatlantiese slawehandelMobutu Sese SekoVoedingKolorektale kankerHoofkarakterVersamelnaamJohnny RapidAardeUitwerking van klimaatsveranderingRooibloedselBlaarOorkruipersSuid-SothoGalblaasSelfoonSimboolLys van Kaapstad se voorstedeNieuwoudtvilleSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Chemiese elementWaterstofVerantwoordelikheidBronsOnderwysOseanografiePriemgetalKarnivoorPolitieke partyLys van nedersettings in Suid-AfrikaWatersuiweringVoëlNiersteenGroepsdrukCradock-4MetafoorSelfvertroueAkkedisAnrich HerbstVerlede tydAardverwarmingSikloon🡆 More