Bernie Ecclestone

Bernard Charles (Bernie) Ecclestone (* 28 Oktober 1930 naby Bungay in Suffolk, Engeland) was die president en Hoofbesturende direkteur van Formula One Management en Formula One Administration en besit ook 'n aandeel in Alpha Prema, die moedermaatskappy van die Formule Een Groep-maatskappye.

As sulks was hy as die primêre gesaghebber in Formule Een beskou. Aan die begin van 2017 is F1 se eienaarskap oorgeneem deur Liberty Media Corporation en Delta Topco. Chase Carey, die voorsitter van hierdie maatskappye, is aangewys as die uitvoerende hoof van F1. Mnr. Ecclestone het hierna in 'n raadgewende hoedanigheid as "Voorsitter Emeritus" van F1 gedien, tot in 2020.

Bernie Ecclestone
Bernie Ecclestone
Bernie Ecclestone in 2012
Gebore
Bernard Charles Ecclestone

28 Oktober 1930
naby Bungay in Suffolk, Engeland
NasionaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
BeroepEntrepreneur
TitelVoorsitter Emeritus van F1
EggenootIvy Bamford (1952–?, geskei)
Slavica Ecclestone (1985–2009, geskei)
Fabiana Flosi (2012–hede)
KindersDeborah Ecclestone (* 1955)
Tamara Ecclestone (* 1984)
Petra Ecclestone (* 1988)

In die pers word daar dikwels na hom verwys as die "F1 Supremo". Sy vroeëre betrokkenheid by die sport was as 'n deelnemer en later as bestuurder van die renjaers Stuart Lewis-Evans en Jochen Rindt. In 1972 het hy die Brabham-span gekoop, wat hy vir vyftien jaar lank bestuur het. As 'n spanbaas het hy 'n lid van die "Formula One Constructors Association" geword. Sy beheer oor die sport wat gespruit het uit sy pionierswerk in die verkoop van televisieregte in die laat 1970's, is hoofsaaklik finansieel van aard maar onder die voorwaardes van die Concorde Ooreenkoms het hy en sy maatskappye die administrasie, reëlings en logistiek van alle Formule Een Grands Prix behartig. Ecclestone het probeer om aan twee Grand Prix wedrenne deel te neem in die 1958-seisoen maar het nie daarin geslaag om vir enigeen van die twee te kwalifiseer nie.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

193028 OktoberEngelandFormule EenSuffolk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MisdaadWekkerWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaFaf de KlerkOranjerivierVerenigde State van AmerikaMaatskappyOlimpiese SpeleDeelteken en umlautAfrikaAgtervoegselMieliestronkSiya KolisiYouTubeSelfstandige naamwoordMenstruasieBokmakierieMaanLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Pornografiese akteurKonjunktivitisLien se lankstaanskoeneLys van politieke partye in Suid-AfrikaDolfynKnopiespinnekopPlantAgtergrond (narratief)VerkoueMagsverheffingStadKarooTrigeminale neuralgieAvbobVlinderRobert SobukweBraaiBysteekAardbewingNamibiëWitrenosterWiskundige terminologieSpringbokSkoenlapperKlereKaapstadRuslandStam (taalkunde)PropagandaPaasfeesKongo-krisisChristiane JaccottetGriepDemokrasieMaroela MediaLimpopo (rivier)LemoenLionel MessiHulpwerkwoordGamelanVrouThys die BosveldklongKaliumLys van myne in Suid-AfrikaSoweto-opstandAfrikaansGroot vyfOranje-VrystaatBywoordSkoolPrimêre sektor van die ekonomieGroot TrekChemiese reaksieStikstofSamestellingRobbeneilandLente🡆 More