Spaghetti: Lang, dun, silindriese pasta van Italiaanse en Sisiliaanse oorsprong

Spaghetti is lang, dun, silindriese pasta van Italiaanse en Sisiliaanse oorsprong.

Spaghetti word gemaak van semolina of meel en water. Italiaanse gedroogde spaghetti word van durumkoring of semolina gemaak. In sommige lande word spaghetti sowel as durum-pasta asook eierpasta aangebied. Vir die laasgenoemde word eiers by die pastadeeg gevoeg.

Spaghetti: Lang, dun, silindriese pasta van Italiaanse en Sisiliaanse oorsprong
Spaghetti gehang om droog te word.

Spaghetti is rond in dwarssnee, met 'n deursnit van sowat twee millimeter in gekookte vorm. Tradisioneel was meeste spaghetti sowat 50 cm lank, maar korter stukkies het gewild geword later in die 20ste eeu; spaghetti is nou orals beskikbaar in lengtes van tussen 25 en 30 sentimeter.

Die term spaghetti is uit Italiaans ontleen. Dit het sy etimologiese wortel in die Latynse spacus ("snoer") waaruit die Italiaanse spago ontwikkel het. Die verkleinwoord daarvan, spaghetto, word in die meervoud (spaghetti) gebruik om na een bepaalde soort lang en dun pasta te verwys. In Italië word daar onderskeiding gemaak tussen besonder dik (spaghettoni) en besonder dun spaghetti (spaghettini). Capellini is selfs nog dunner as spaghettini.

Voorbereiding

Spaghetti word in 'n groot kastrol met gesoute kookwater gekook en gedreineer in 'n vergiettes.

Spaghetti: Lang, dun, silindriese pasta van Italiaanse en Sisiliaanse oorsprong 
Spaghetti aan die kook.
Spaghetti: Lang, dun, silindriese pasta van Italiaanse en Sisiliaanse oorsprong 
Spaghetti "pomodoro & basilico" (tamatiesous en basiliekruid)
Spaghetti: Lang, dun, silindriese pasta van Italiaanse en Sisiliaanse oorsprong 
Klassieke spaghetti.

Verbruik

Jaarlikse verbruik van spaghetti in Italië het verdubbel van 14 kg per persoon voor die Tweede Wêreldoorlog tot 28 kg teen 1955. Italië produseer teen daardie tyd 1 432 990 ton spaghetti, waarvan 74 000 ton uitgevoer is, en het 'n produksiekapasiteit van 3 miljoen ton per jaar.

Verwysings

Tags:

DurumEier (voedsel)ItaliëMeelPastaSemolinaSisiliëWater

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DuitslandSout (chemiese stof)InfeksieWoordeboek van die Afrikaanse TaalCheslin KolbeMurraysburgByvoeglike naamwoordSpysverteringstelselBeesvleisTweede VryheidsoorlogSelfvertroueRooibloedselHematurieLys van medisinale kruieMetafoorTemperatuurLongontstekingDermpoliepSiya KolisiJosef StalinPropagandaSeksposisieKinderregteUnited Democratic FrontBeaufortskaalPaasfeesDubbelpuntBruin menseWhatsAppHoofpynAnglisismeDialoog in fiksieLetterkundeNasionaal-SosialismeKrampProvinsies van Suid-AfrikaSoogdierAntjie KrogC.J. LangenhovenNederduitse Gereformeerde KerkInflasieAkademiaFluoorElektroniese of digitale mediaDemi Lee MooreHartaanvalReënKolonialismeLys van veltoestandeGrondwet van Suid-AfrikaBoelieryNatriumTrigeminale neuralgieKolonoskopieLeierPretoriaWes-KaapGewone luislangNagmaalKaartSjimpanseeDriedimensioneelAluminiumHoenderPesachPlastiekSeekoeiNeurenberg-verhoreAanhalingstekensInligtingCurly HowardGraaff-ReinetWetenskaplike klassifikasieAgtervoegsel🡆 More