Die sonstilstand of sonnewende (Latyn: solstitium) is wanneer die Son, van die Aarde af gesien, sy mees noordelike of suidelike posisie bereik.
Op Aarde word hierdie posisies aangedui deur die twee keerkringe: die Kreefskeerkring in die noorde en die Steenbokskeerkring in die suide.
Gebeure | Maart- ewening | Junie- stilstand | September- ewening | Desember- stilstand | ||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Maand | Maart | Junie | September | Desember | ||||
Jaar | ||||||||
Dag | Tyd | Dag | Tyd | Dag | Tyd | Dag | Tyd | |
2010 | 20 | 17:32 | 21 | 11:28 | 23 | 03:09 | 21 | 23:38 |
2011 | 20 | 23:21 | 21 | 17:16 | 23 | 09:04 | 22 | 05:30 |
2012 | 20 | 05:14 | 20 | 23:09 | 22 | 14:49 | 21 | 11:12 |
2013 | 20 | 11:02 | 21 | 05:04 | 22 | 20:44 | 21 | 17:11 |
2014 | 20 | 16:57 | 21 | 10:51 | 23 | 02:29 | 21 | 23:03 |
2015 | 20 | 22:45 | 21 | 16:38 | 23 | 08:20 | 22 | 04:48 |
2016 | 20 | 04:30 | 20 | 22:34 | 22 | 14:21 | 21 | 10:44 |
2017 | 20 | 10:28 | 21 | 04:24 | 22 | 20:02 | 21 | 16:28 |
2018 | 20 | 16:15 | 21 | 10:07 | 23 | 01:54 | 21 | 22:23 |
2019 | 20 | 21:58 | 21 | 15:54 | 23 | 07:50 | 22 | 04:19 |
2020 | 20 | 03:50 | 20 | 21:44 | 22 | 13:31 | 21 | 10:02 |
2021 | 20 | 09:37 | 21 | 03:32 | 22 | 19:21 | 21 | 15:59 |
2022 | 20 | 15:33 | 21 | 09:14 | 23 | 01:04 | 21 | 21:48 |
2023 | 20 | 21:24 | 21 | 14:58 | 23 | 06:50 | 22 | 03:27 |
2024 | 20 | 03:07 | 20 | 20:51 | 22 | 12:44 | 21 | 09:20 |
2025 | 20 | 09:02 | 21 | 02:42 | 22 | 18:20 | 21 | 15:03 |
Namate die Son skynbaar in die rigting van die Kreefskeerkring beweeg, word die dae in die Suidelike Halfrond korter en in die Noordelike Halfrond langer. Wanneer die Son na die Steenbokskeerkring beweeg, werk dit andersom. Die sonstilstand is die oomblik wanneer die Son presies bo die spesifieke keerkring is.
Die middelpunt van dié twee punte word bereik wanneer die Son presies loodreg bo die ewenaar is. Dit word die dag-en-nag-ewening genoem. Die dag en nag is dan oral op Aarde ewe lank.
Twee sonstilstande vind per jaar plaas: die somer- en die wintersonstilstand. In die Suidelike Halfrond vind dit onderskeidelik in Desember en Junie plaas, en in die Noordelike Halfrond andersom.
Die sonstilstande vind oral op Aarde op dieselfde oomblik plaas. Die tyd word in UTC aangedui.
Die sonstilstande en nagewenings word met die seisoene verbind en is tradisioneel in veral die Noordelike Halfrond gevier. Die somerstilstand (midsomer) is daar gewoonlik op 24 Junie gevier (wanneer dit in die Suidelike Halfrond midwinter is) en die wintersonstilstand (midwinter) op 25 Desember. Op dié dag begin die dae in die Noordelike Halfrond weer langer word. Kersfees kom waarskynlik van laasgenoemde fees omdat Christus met die Son verbind is.
In die Suidelike Halfrond is die midwinter ook gevier, soos met die ligfees Inti Raymi ter ere van die Inka-god Inti.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Sonstilstand, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.