Dongzhi

Tradisionele Oos-Asiatiese maansonkalenders verdeel ’n jaar in 24 sontermyne.

Sontermyne
  Lengtegraad     Termyn     Datum
 Lente
  315°   Lichun  4-5 Februarie
  330°   Yushui  18-19 Februarie
  345°   Jingzhe  5-6 Maart
  0°   Chunfen  20-21 Maart
  15°   Qingming  4-5 April
  30°   Guyu  20-21 April
  Somer
  45°   Lixia  5-6 Mei
  60°   Xiaoman  21-22 Mei
  75°   Mangzhong  5-6 Junie
  90°   Xiazhi  21-22 Junie
  105°   Xiaoshu  7-8 Julie
  120°   Dashu  22-23 Julie
 Herfs
  135°   Liqiu  7-8 Augustus
  150°   Chushu  23-24 Augustus
  165°   Bailu  7-8 September
  180°   Qiufen  23-24 September
  195°   Hanlu  8-9 Oktober
  210°   Shuangjiang    23-24 Oktober
  Winter
  225°   Lidong  7-8 November
  240°   Xiaoxue  22-23 November
  255°   Daxue  7-8 Desember
  270°   Dongzhi  21-22 Desember
  285°   Xiaohan  5-6 Januarie
  300°   Dahan  20-21 Januarie

Dongzhi (Chinees: 冬至; pinyin: dōngzhì) of toji (Japannees: 冬至) is die 22ste sontermyn en dui die wintersonstilstand aan. Dit begin wanneer die son die luglengtegraad 270° bereik en eindig wanneer dit die lengtegraad 285° bereik. Dit verwys meer dikwels spesifiek na die dag wanneer die son presies op die lengtegraad 270° is.

Volgens die Gregoriaanse kalender begin dit gewoonlik omstreeks 21 Desember (22 Desember Oos-Asiatiese tyd) en eindig dit omstreeks 5 Januarie.

Sonstilstand

Die sonstilstande en dag-en-nag-ewenings dui volgens tradisionele Oos-Asiatiese kalenders die middel van die seisoene aan. Hier beteken die Chinese karakter 至 "uiters", wat dui op ’n sonstilstand. Die term beteken dus die middel van die winter.

Pentades

Elke sontermyn word in drie pentades verdeel. Die pentades van dongzhi is:

  • Eerste pentade: Die erdwurms vorm knope (蚯蚓結); dit verwys na die hibernering van dié wurms.
  • Tweede pentade: Die takbokke verloor hul horings (麋角解).
  • Laaste pentade: Die lentewater beweeg (水泉動).

Verwysings

Eksterne skakels

Vorige termyn
Daxue (大雪)
Dongzhi (冬至) Volgende termyn
Xiaohan (小寒)

Tags:

Dongzhi SonstilstandDongzhi PentadesDongzhi VerwysingsDongzhi Eksterne skakelsDongzhiMaansonkalenderOos-AsiëSontermyn

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Duitse maselsAristotelesHamilton WesselsIsraelGrondwet van Suid-AfrikaHipoteseKaapstadse waterkrisis 2015-2018VoorsetselKanadaKolitisKolonoskopieAnilingusBeeldspraakKlitorisHartaanvalPenisVaginaJohannes KerkorrelLiesbreukChirurgieParlement van Suid-AfrikaKartografieSterrekundeEkonomieStollingsgesteenteKarakteriseringRacheltjie de BeerTrappe van vergelykingChatGPTVloeistofGetalEtniese groepAkroniemBosluisbytkoorsVoëlMasjienLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)IhramSterRussiese inval in Oekraïne sedert 2022KlimaatveranderingDie Stem van Suid-AfrikaUnited Democratic FrontSeetherBlourokkeDirekte en Indirekte rede1 HenogJodeKarooOppervlakteLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameFrankrykAfrikanersSwawelKlereLidwoordVerstedelikingLys van kinderspeletjiesByJak de PriesterE-posEngelsHanoverApokriewe boekeKoekie (rekenaarwetenskap)Nul is nie niks nieAspoestertjieNasiebouWaterMonopolyHadedaTreinVenesiëHipertensie🡆 More