Soll die plattdeutsche Sprache gepflegt oder ausgerottet werden – Gegen Ersteres und für Letzteres (Duits: Moet Platduits uitgebou of uitgeroei word – teen eersgenoemde en vir laasgenoemde) is 'n essay geskryf deur Ludwig Wienbarg in 1833.
Daarin stel hy dat die Platduitse taal 'n struikelblok is om die hele Duitse volk te verenig met een taal, Hoogduits. Daarin beskou hy ook die Platduitse taal as die oorsaak van die Nedersaksers se agterlikheid en verkrampheid. Hierdie eng siening van Nederduits moet in skrille kontras gesien word met die "ryk" Beierse dialekte in die Suide, wat ongesteurd hul gang gegaan het.
Soll die plattdeutsche Sprache gepflegt oder ausgerottet werden – Gegen Ersteres und für Letzteres | |
---|---|
Skrywer | Ludwig Wienbarg |
Land | Hamburg, Duitsland |
Taal | Duits |
Onderwerp | Taalamalgamasie |
Genre | Niefiksie |
Uitgewer | Hoffmann & Campe |
Uitgegee | 1833 |
Duits:
Eine jede Sprache, die nicht Schriftsprache, Sprache der Bildung, des gerichtlichen Fortschrittes, der politischen, religiösen, wissenschaftlichen, artistischen Bewegung ist, muß bei dem Stand und Gang unserer Kultur einer Schrift- und Bildungssprache Platz machen, muß wie die frisische in Holland, wie die zeltische (sic) in Bretagne, die baskische in Spanien allmaͤhlig aussterben. Auszusterben ist das nothwendige und natuͤrliche Schicksal der plattdeutschen Sprache. Nichts kann sie vom Untergang retten. Schreibt plattdeutsche Lustspiele, Idyllen, Lieder, Legenden — umsonst; das Volk liest euch nicht...
Vrye vertaling:
Enige taal wat nie die skryftaal of die taal van die onderrig, regte, politiek, godsdiens, wetenskap of kunste is nie, moet by die stand en gang van ons kultuur plekmaak vir 'n skryf- en onderrigstaal, en moet soos die Fries in Holland, die Kelties in Bretagne, die Baskies in Spanje geleidelik uitsterf. Uitsterf is die noodwendige en natuurlike lot van die Platduitse taal. Niks kan hom van ondergang red nie. Of jy nou Platduitse klugspele, herders-/natuurgedigte, liedjies of legendes skryf – dis tevergeefs; die volk lees dit nie...
Reershemius toon in haar artikel die stand wat Platduits in 2011 inneem: "At the moment, speakers of Low German find themselves in a complex situation. The surveys suggest that they cherish Low German. However, the old fear that Low German could be an obstacle to education and prevent success in a rapidly modernizing society is deeply rooted", waarna sy in die eindnota verklaar: "The discourse of Low German as an obstacle in the education, especially of disadvantaged social groups, goes back well into the nineteenth century and was expressed, for example, by Ludolf Wienbarg … in his pamphlet Soll die plattdeutsche Sprache gepflegt oder ausgerottet werden? Gegen Ersteres und für Letzteres"
Volgens die Bulletin der Deutschen Slavistik van 2008, was die beskouing in die Romantiek dat daar een oertaal was wat vir almal verstaanbaar was. Nou is die vraag waarom sekere tale en dialekte voorkom. Daar is geglo dat dialektiek en afwyking voortspruit deurdat elke spreker van 'n taal aan 'n spesifieke "Stamm" hoort. Die siening het ook ingetree dat 'n dialek en sy draer nie alleen taalkundig nie, maar ook liggaamlik kan verval. Daar is 'n duidelike onderskeid getref tussen die "rein" tale (wat altyd deur die elite gepraat is en heel toevallig ook vir opvoedkundige doeleindes aangewend is) en die "onreine" tale wat volksopvoeding "teenstaan". Hierdie "teenstand" is dikwels as ongewens beskou – Wienbarg het selfs so ver gegaan om die uitroei daarvan voor te stel.
'n Soortgelyke tendens speel hom min of meer in Groot-Brittanje af, met Skots. Skots en Engels deel dieselfde oertaal: Oudengels. Uit Oudengels kom die Angliese dialekte. Hier skei die paaie tussen Northumbries en Mercies. Skots is die afstammeling van Northumbries en Engels die afstammeling van Mercies. Die morfologiese taalprosesse loop onafhanklik van mekaar, maar die Skotse elite, dié wat die skryfkuns ook beoefen het, het hul kinders voortdurend na Engeland toe gestuur (om welke redes dan ook), wat hul taal baie by die Engelse spelwyse en woordgebruik aangepas het, eerder as om die taal sy eie loop te neem, te ontwikkel én te standaardiseer, soos wat Boeknoors en Nieunoors wel gedoen het. Op die ou end lyk Skots en Engels so op 'n druppel water na mekaar, dat die vraag gevra word of Skots werklik as 'n afsonderlike taal gereken kan word.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Soll die plattdeutsche Sprache gepflegt oder ausgerottet werden - Gegen Ersteres und für Letzteres, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.