Seksuologie

Seksuologie of seksologie is die wetenskaplike bestudering van menslike seksualiteit, insluitende seksuele belangstellings, gedrag en funksies.

Dit verwys nie gewoonlik na die niewetenskaplike bestudering van seksualiteit nie.

Seksuoloë gebruik instrumente van verskeie akademiese terreine, soos biologie, geneeskunde, sielkunde, epidemiologie, sosiologie en kriminologie.

Studieonderwerpe in seksuologie sluit in seksuele ontwikkeling (puberteit), seksuele oriëntasie, genderidentiteit, seksuele verhoudings, seksuele aktiwiteite, parafilies en ongewone seksuele belangstellings. Dit sluit ook in die bestudering van seksualiteit oor die mens se hele lewensduur, insluitende kinderseksualiteit, puberteit, adolessente seksualiteit en seks onder bejaardes. Dit dek ook seksualiteit onder fisiek en/of geestelik gestremdes, erektiele disfunksie, anorgasmie en pedofilie.

Geskiedenis

Vroeë geskiedenis

Sekshandboeke het van die vroegste tyd af bestaan, soos Ovidius se Ars Amatoria, die Kama Sutra van Vātsyāyana, die Ananga Ranga en Die Geparfumeerde Tuin van Sensuele Genot. ’n Vroeë studie van 3 558 prostitute in Parys, De la prostitution dans la ville de Paris, is in die 1830's gedoen en in 1837 gepubliseer; dit is al genoem die eerste werk van moderne seksnavorsing.

Die wetenskaplike studie van menslike seksuele gedrag het in die 19de eeu begin. Verskuiwings van Europa se nasionale grense in dié tyd het wette laat bots wat seksueel liberaal was en dié wat gedrag soos homoseksuele aktiwiteit gekriminaliseer het.

Victoriaanse Era tot WOII

Seksuologie 
Havelock Ellis, ’n pionier in die beweging na seksuele bevryding in die laat 19de eeu.

Ondanks die heersende sosiale houding van seksuele onderdrukking gedurende die Victoriaanse tydperk, het die beweging na seksuele bevryding teen die einde van die 19de eeu in Engeland en Duitsland begin. In 1886 het Richard Freiherr von Krafft-Ebing die boek Psychopathia Sexualis gepubliseer. Dit word beskou as die vestiging van seksuologie as ’n wetenskaplike dissipline.

In Engeland was die vader van seksuologie die dokter en seksuloog Havelock Ellis, wat geveg het teen die seksuele taboes van sy tyd rakende masturbasie en homoseksualiteit en die opvatting van seks in sy tyd gerevolusionaliseer het. Sy belangrike werk Sexual Inversion van 1897 het die seksuele verhoudings van homoseksuele mans beskryf, insluitende dié tussen mans en seuns. Ellis het die eerste objektiewe werk oor homoseksualiteit geskryf, want hy het dit nie gekarakteriseer as ’n siekte, immoreel of ’n misdaad nie. Hy het ook ander belangrike sielkundige begrippe ontwikkel, soos outo-erotisme en narsisme, wat albei later deur Sigmund Freud verder ontwikkel is. Ellis het ook baanbrekerswerk gedoen oor transgender verskynsels in dieselfde tyd as die Duitser Magnus Hirschfeld. Hy het dit as ’n nuwe kategorie gevestig wat van homoseksualiteit verskil.

In 1908 is die eerste professionele tydskrif in die veld, Zeitschrift für Sexualwissenschaft, gepubliseer – maandeliks vir ’n jaar. Dié uitgawes het artikels bevat deur Freud, Alfred Adler en Wilhelm Stekel. In 1913 is die eerste akademiese vereniging gestig: die Society for Sexology.

Seksuologie 
Die Nazi's in Berlyn het Hirschfeld se boeke verbrand omdat hulle "on-Duits" was.

Freud het ’n teorie van seksualiteit ontwikkel. Die ontwikkelingstadiums sluit in: oraal, anaal, fallies, latent en genitaal. Dié stadiums het mekaar opgevolg van die babajare tot puberteit en daarna. Dit was gebaseer op studies van sy kliënte tussen die laat 19de en vroeë 20ste eeu.

Die Duitsland voor Nazisme het onder die seksueel liberale Napolentiese Kode geveg teen die antiseksuele, Victoriaanse kulturele invloede. Die momentum van dié groepe het gelei tot gekoördineerde seksnavorsing oor tradisionele akademiese dissiplines heen, en Duitsland was aan die voorpunt in seksuologie. Die geneesheer Magnus Hirschfeld was ’n uitgesproke voorstander van seksuele minderheidsgroepe en het die Wetenskaplike Humanitêre Komitee gestig – die eerste voorstander van homoseksuele en transgender regte.

Hirschfeld het ook in 1919 die eerste instituut vir seksuologie in Berlyn gestig. Sy biblioteek het 20 000 volumes, 35 000 foto's, ’n groot versameling kuns en ander voorwerpe bevat. Mense van oor Europa het die instituut besoek om ’n beter begrip van hulle seksualiteit te kry en om vir hulle seksuele probleme behandel te word.

Duitsland se oorheersing in navorsing oor seksuele gedrag is beëindig toe die Nazi's op 8 Mei 1933 aan die bewind kom. Die instituut en sy biblioteek is minder as drie maande later verwoes. Hirschfeld se boeke is ook verbrand.

Ná WOII

Ná die Tweede Wêreldoorlog het seksuologie ’n renaissance ondergaan, in die VSA sowel as Europa. Grootskaalse studies van seksuele gedrag, funksie en disfunksie het aanleiding gegee tot die ontwikkeling van seksterapie. Seksuologie in die VSA is ná die oorlog beïnvloed deur die instroming van Europese vlugtelinge wat van die Nazi-regering gevlug het en die gewildheid van die Kinsey-studies. Tot in dié tyd het Amerikaanse seksuoloë hoofsaaklik bestaan uit groepe wat ’n einde aan prostitusie probeer maak het en die jeug oor seksueel oordraagbare infeksies ingelig het.

Alfred Kinsey het in 1947 die Instituut vir Seksnavorsing aan die Indiana-universiteit gestig. (Dit is nou bekend as die Kinsey-instituut vir Navorsing oor Seks, Gender en Voortplanting.) Hy het in sy boek van 1948 geskryf meer is wetenskaplik bekend oor die seksuele gedrag van plaasdiere as van mense.

In die 1950's het die sielkundige en seksuoloog John Money teorieë ontwikkel oor seksuele en genderidentiteit. Sy werk word sedertdien as omstrede beskou, veral oor die David Reimer-saak, al was dié saak instrumenteel in die ontwikkeling van behandelingsprotokols vir interseks babas en kinders.

Kurt Freund het in die 1950's peniele pletismografie in Tsjeggo-Slowakye ontwikkel. Die toestel is ontwerp vir ’n objektiewe meting van seksuele opwekking in mans en word tans veral gebruik in die beoordeling van pedofilie en hebefilie. Dit word ook met seksoortreders gebruik.

In 1966 en 1970 het Masters en Johnson onderskeidelik hulle werk Human Sexual Response en Human Sexual Inadequacy uitgereik. Dit het goed verkoop en hulle het in 1978 die Masters & Johnson-instituut gestig.

Die ontwikkeling van MIV/vigs in die 1980's het ’n drastiese verskuiwing in seksuologiese navorsing teweeggebring na ’n poging om die verspreiding van die siekte te verstaan en beheer.

21ste eeu

Tegnologiese vooruitgang het daartoe gelei dat seksuologiese kwessies ondersoek kon word met die gebruik van gedragsgenetika, neurobeelding en grootskaalse internetgebaseerde peilings.

Verwysings

Skakels

  • Seksuologie  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Seksuologie GeskiedenisSeksuologie 21ste eeuSeksuologie VerwysingsSeksuologie SkakelsSeksuologieMenslike seksualiteitMenslike seksuele gedrag

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Bruto binnelandse produkLieweheersbesieDie ontstaan van die dramaStollingsgesteenteKindermishandelingWisselkoersNamibwoestynWebwerfOrtopedieMenstruasieVerlede tydTopsy SmithLys van Suid-Afrikaanse musikanteMotorvoertuigNoordwesMagnesiumKinderregteOutismeHoofletterLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameMilitêre diensplig in Suid-AfrikaSiekteBosluisbytkoorsVigsHoofstadNamakwalandMagnetismeAntisemitismePubliekOos-KaapSwartrenosterDemokratiese Republiek die KongoMurunwa MakwarelaWikiSwawelGeografie van Suid-AfrikaLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaVolhoubare ontwikkelingKondensasieArabiesStikstofGesonde dieetDiskriminasieAB de VilliersKoos du PlessisDonderstormWiskundeLys van Afrikaanse televisiereekseDoelwitChroniese siekteAfrikaNederlandsVoortrekkermonumentLeonardo da VinciAfro-AmerikanersAdolf HitlerNazi-DuitslandCarike KeuzenkampKurt-Lee ArendseVulkanismePreseminale vloeistofMenseregteMartin Luther King jr.RivierUniegebouRenaissanceRooilipslangOlimpiese SomerspeleMenslike skeletVleilandLongVerkragtingGoudkus (streek)OorstromingYouTubeDieregeluideMagneetMenslike seksuele gedrag🡆 More