Rooikolmuskeljaatkat: Soogdierspesie

Die rooikolmuskeljaatkat (Genetta maculata) kom voor aan die noordelike gebiede van Suid-Afrika, Zimbabwe, Mosambiek en die Okavangodelta in Botswana.

Rooikolmuskeljaatkat
Rooikolmuskeljaatkat: Bou en kleur, Habitat, Gewoontes
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Viverridae
Genus:
Spesie:
G. maculata
Binomiale naam
Genetta maculata
(Gray, 1830)
Rooikolmuskeljaatkat: Bou en kleur, Habitat, Gewoontes
Verspreiding
Sinonieme
  • aequatorialis Heuglin, 1866
  • albiventris Roberts, 1932
  • deorum Funaioli and Simonetta, 1960
  • erlangeri Matschie, 1902
  • fieldiana Du Chaillu, 1860
  • gleimi Matschie, 1902
  • insularis Cabrera, 1921
  • letabae Thomas and Schwann, 1906
  • matschiei Neumann, 1902
  • pumila Hollister, 1916
  • schoutedeni Crawford-Cabral, 1970
  • schraderi Matschie, 1902
  • soror Schwarz, 1929
  • stuhlmanni Matschie, 1902
  • suahelica Matschie, 1902
  • zambesiana Matschie, 1902
  • zuluensis Roberts, 1924

Bou en kleur

Die soogdier kan tot 3.2 kg swaar word en is wit of gryswit met roesbruin kolle, ringe en strepe. Die stert is donker met wit ringe. Van die skouers, al op die ruggraat langs tot by die stertbasis, is 'n strook donker hare. Daar is wit kolle onder die en die wange is ook wit; dit word geskei deur donkerbruin strepe vanuit die hoeke van die oë. Die ore is rond en regop. Die stert eindig in 'n swart punt en die ken is wit. Daar is geen opmerkbare verskille tussen die geslagte nie.

Habitat

Die diere verkies waterryke gebiede met genoeg onderbos en hulle vreet: rotte, muise, sprinkane, kewers, voëls, spinnekoppe, krieke en paddas.

Gewoontes

Rooikolmuskeljaatkatte loop gewoonlik alleen of soms in pare. Hulle is naglewend en kom na sononder uit. Hulle slaap bedags in ou erdvark- of springhaasgate of hol boomstamme. Hulle beweeg merendeels op die grond maar kan ook boomklim. Die dier kom nog buite bewaringsgebiede voor. Twee tot vyf kleintjies word na 'n dratyd van ±2 maande tussen Augustus en Maart gebore. Die lewensduur is ±13 jaar. Hulle natuurlike vyande is die luiperd, leeu en die luislang.

Sien ook

Rooikolmuskeljaatkat: Bou en kleur, Habitat, Gewoontes 
Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Rooikolmuskeljaatkat

Bron

Verwysings

Tags:

Rooikolmuskeljaatkat Bou en kleurRooikolmuskeljaatkat HabitatRooikolmuskeljaatkat GewoontesRooikolmuskeljaatkat Sien ookRooikolmuskeljaatkat BronRooikolmuskeljaatkat VerwysingsRooikolmuskeljaatkat

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BrandbergInsekSonWatersuiweringRymKatoenLionel MessiDiepaartromboseJudaïsmeKlimaatveranderingTemperatuurDolfynDeelwoordGlobaliseringTekstielSonnetVaginaStilleweJaco JacobsLeonardo da VinciVleilandTolla van der MerweTsongaSikloonC. Louis LeipoldtStaalAdolf HitlerAtoomMorfeemGrondsoorteOntwerpLys van Nederlandse skildersWebwerfNelson MandelaGrondwetPinksterHondAlliterasieSias ReineckeChristiaan Frederik BeyersKankerDemokratiese Republiek die KongoVennootskapKangaroeAardedagHamburgerMartin Luther King jr.BynierFranse RewolusieFinale OplossingBybelSlag van BloedrivierPretoriaNag van die lang messeSokkerSamestellingInligtingHartaanvalNoord-KaapTuberkuloseAngolese BurgeroorlogMaanElektrodeMenslike seksuele gedragSlawernyBeaufortskaalSeksuele penetrasieLabia (geslagsdele)United Democratic FrontHeks van HexrivierVingerseksSteve BikoNederduitse Gereformeerde KerkDie ontstaan van die dramaWhatsApp🡆 More