Pops Mohamed (geboire Ismail Mohamed-Jan) is 'n Suid-Afrikaanse multi-instrumentale jazz-musikant en vervaardiger.
Pops Mohamed | |
---|---|
Geboortenaam | Ismail Mohamed-Jan |
Gebore | 10 Desember 1949 Benoni, Suid-Afrika |
Genres | Jazz, kwêla, pop, soul |
Beroep(e) | Musikant |
Mohamed is op 10 Desember 1949 in Benoni, Gauteng gebore. Sy loopbaan in musiek was die logiese uitloop na sy vroeë blootstelling aan musikante soos Abdullah Ibrahim en Kippie Moeketsi by Dorkay House. Hy begin sy eerste orkes, The Valiants, op 14-jarige ouderdom. Mohamed staan onder sy bewonderaars bekend as die Minister of Music[1] en bespeel verskeie instrumente soos die kitaar, fluit, klawers, ensovoorts. Hy is ook bekend vir sy verskeidenheid van musiekstyle soos die kwêla, pop, en soul[2] Geargiveer 7 Augustus 2005 op Wayback Machine. Hy is ook die vervaardiger van Finding One's Self, die oorlede Moses Taiwa Molelekwa se bekroonde album.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Pops Mohamed, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.