Perseus-Sterrestelselswerm

Die Perseus-sterrestelselswerm (Abell 426) is ’n sterrestelselswerm in die sterrebeeld Perseus.

Dit het ’n rooiverskuiwing van 5 366 km/s en ’n deursnee van 863′. Dit is een van die naaste ryk swerms en bevat 500 tot 1 000 sterrestelsels in ’n wolk van gas.

Perseus-sterrestelselswerm
Perseus-Sterrestelselswerm
Waarnemings van die Chandra-X-straalsterrewag van die sentrale deel van die Perseus-sterrestelselswerm. Kleurkode: Energie (rooi 0,3-1,2 keV, groen 1,2-2 keV, blou 2-7 keV). Instrument: ACIS.
Bron: Nasa/CXC/IoA/A.Fabian e.a.
Soort Sterrestelselswerm
Sterrebeeld Perseus
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 03hh 18m
Deklinasie +41° 30′
Afstand (ligjaar) 240
Rooiverskuiwing 0,01790 (5 366 km/s)
Helderste stelsel NGC 1275
Aantal stelsels 500 – 1 000
Ander name
Abell 426, NGC 1275-sterrestelselswerm, LGG 88
Portaal Portaalicoon Sterrekunde

Eienskappe

Die swerm bestaan hoofsaaklik uit gelerige elliptiese en lensvormige sterrestelsels en het ’n geskatte gesamentlike massa van 2×1015 M.

Die swerm bevat onder meer die sterk radiobron Perseus A (3C 84), wat met die reusagtige sterrestelsel NGC 1275 in die middel van die swerm verbind word. Die plasma in die middel van die swerm om NGC 1275 is ook die bron van sterk X-strale, wat die Perseus-sterrestelselswerm die helderste swerm in die X-straalband maak.

In 2003 het ’n span sterrekundiges onder leiding van dr. Andrew Fabian aan die Universiteit van Cambridge ná 53 uur van waarnemings met Chandra die diepste akoestiese toon nog in die heelal ontdek, ’n B♭. ’n Mens sal nie die toon kan hoor nie, want dit is 57 oktawe laer as die middelste sleutels van ’n klavier. Dit lyk of die radiogolwe uit die aktiewe kern van NGC 1275 kom.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

03h 19m 48.1s, +41° 30′ 42″

Tags:

Perseus-Sterrestelselswerm EienskappePerseus-Sterrestelselswerm Sien ookPerseus-Sterrestelselswerm VerwysingsPerseus-Sterrestelselswerm Eksterne skakelsPerseus-SterrestelselswermPerseus (sterrebeeld)RooiverskuiwingSterrebeeldSterrestelselSterrestelselswerm

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PuberteitRehoboth-bastersMaselsSeksGlobaliseringAnemieSuiderkruisMajaSpinnekopApartheidKarpaletonnelsindroomSwartkwasmuishondIslamitiese kalenderLeksikografieWoudPaulus van TarsusMiddelburg-broodboomDepressie (gemoedstoestand)Lys van medisinale kruieTutsiLaingsburgvloedAmerikaanse voetbalKat54Lys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierMinki van der WesthuizenRuslandWerkloosheidGrondbewerkingWoordsoortPaddaYstervarkKonflik (proses)VerkleurmannetjieLesbiërJudaïsmeEerste WêreldoorlogVoorsetselHAfrikanersBruin menseEmosieGezina, PretoriaVratLys van Suid-Afrikaanse musikanteDundermJodiumJArendAstronomiese eenheidLandbou in Suid-AfrikaMoskouHarry StylesFotosinteseWerner AbrolatNederlandStudievaardighedeIrakEier (voedsel)MIV/vigs in Suid-AfrikaNarsistiese persoonlikheidsteuringChristendomGeslagSinsbouSonnestelselKontinentSamestellingTweede VryheidsoorlogErdwurmChirurgieMoslemWetenskaplike notasieTrappe van vergelykingSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureBeeldspraakVoël🡆 More