X-Straal: Elektromagnetiese straling met golflengte wat wissel van 0,01 nm – 10 nm.

X-strale of x-strale is elektromagnetiese strale soortgelyk aan radio-, hitte- en ligstrale.

Hulle het egter baie korter golflengtes en kan deur liggame of voorwerpe dring wat opaak (ligondeurdringbaar) is. X-strale dek die volgende gedeelte van die elektromagnetiese spektrum: 30 EHz – 30 PHz en golflengtes van 0,01 nm – 10 nm. Hulle het ’n energie van tussen 124 eV en 124 keV.

X-Straal: Gebruike, Notas, Verwysings
'n X-straalfoto van 'n persoon se longe.

Die term röntgenstrale, wat soms daarvoor gebruik word, is genoem na Wilhelm Röntgen, wat gewoonlik die krediet daarvoor kry dat hy dit ontdek het; hy het dit "X-strale" genoem om ’n onbekende soort straal aan te dui.

Gebruike

X-strale met ’n hoë fotonenergie (bo 5-10 keV; ’n golflengte onder 0,2-0,1 nm) word "harde X-strale" genoem, en dié met ’n lae energie "sagte X-strale". Vanweë die deurdringingsvermoë van harde X-strale word hulle algemeen gebruik om die binnekant van voorwerpe te sien, byvoorbeeld in mediese radiografie en lughawesekuriteit. Die term "X-straal" word algemeen gebruik vir ’n radiografiese beeld asook vir die metode self.

Omdat die golflengtes van harde X-strale soortgelyk is aan die grootte van atome, is hulle ook nuttig in die bepaling van kristalstrukture. Daarteenoor word sagte X-strale maklik in die lug geabsorbeer.

Notas

Verwysings

Ekstra bron

Eksterne skakels

Tags:

X-Straal GebruikeX-Straal NotasX-Straal VerwysingsX-Straal Ekstra bronX-Straal Eksterne skakelsX-StraalElektromagnetiese spektrumElektromagnetiese stralingElektronvoltGolflengte

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Handwoordeboek van die Afrikaanse TaalSkoenlapperMusiekEugenetikaVryheidsmanifesChristiaan Frederik BeyersAssonansieSwangerskapGriekwa-AfrikaansSlangStereotipeRussiese inval in Oekraïne sedert 2022WolkEerste WêreldoorlogStilleweSuurreënSeisoenDuitse maselsKrugerwildtuinDelft, KaapstadKatoenTarentaleBruto binnelandse produkUniegebouBeëdigde verklaringTafelbergBoelieryOorstromingAborsieYouTubeVoortrekkermonumentBTWWikiquoteGoudkus (streek)MoedersdagEngelsHoenderSeksuele penetrasieRoesGeldeenheidDiepaartromboseBeesVaalrivierSinkRenaissancePreseminale vloeistofKlimaatsverandering in AfrikaKlimaatsverandering in Suid-AfrikaPablo PicassoSharpeville-slagtingSimboolMateriaalSoortnaamEuropaVerkleinwoordDolfynKlankPropagandaBelastingKweekhuiseffekProteaErektiele disfunksieFiela se kindPubliekMaatskappyStedelike hitte-eilandKriekSekondêre sektor van die ekonomieInsekIndustriële RevolusieKinkhoesBloeddrukDepressie (gemoedstoestand)Klopjag🡆 More