Oseaantrog

'n Oseaantrog of seetrog is 'n prominente lang, smal topografiese depressie in die seebodem.

Dit is dikwels 50 tot 100 km breed en 3 tot 4 km onder die vlak van die omringende seebodem, maar kan duisende kilometers lank wees. Daar is wêreldwyd oseaantrôe van sowat 50 000 km lank, meestal in die Stille Oseaan, maar ook in die oostelike Indiese Oseaan en elders. Die grootste diepte in die see wat nog gemeet is, is in die Challengerdiepte van die Marianatrog – 11 034 m onder die seevlak.

Oseaantrog
Oseaankors word by 'n mid-oseaanrif gevorm, terwyl die litosfeer by trôe terug in die astenosfeer wegsak.

Oseaantrôe kom voor vanweë die Aarde se besonderse plaattektoniek. Hulle word aangetref by konvergente grense, waar litosferiese plate na mekaar toe beweeg teen 'n tempo van tussen 'n paar millimeter en 10 cm per jaar. Oseaniese litosfeer beweeg in trôe in teen 'n wêreldwye tempo van sowat 3 km2 per jaar.

Struktuur

Die plek in die aardkors waar een tektoniese plaat onder 'n ander een inbweeg, word 'n subduksiesone genoem. Hulle kom hoofsaaklik aan die rande van die kontinente voor. By die plaatgrens self ontstaan 'n depressie (laagte) in die aardoppervlak: 'n trog. Die beweging tussen die twee plate veroorsaak dat materiaal van die wegsakkende plaat afgeskraap word. Dié materiaal stapel op in die gebied voor die subduksiesone.

Die wegsakkende plaat bevat gesteentes waarin water opgeneem is vanweë aanraking met seewater. Dié gesteentes het 'n lae smeltpunt en wanneer die plaat die mantel induik en dit opwarm, sal die gesteentes begin smelt, sodat magma gevorm word. Die magma versamel in reservoirs onder die gebied wat agter die plaatgrens lê. As dit na die aardoppervlak opstyg, kan 'n reeks vulkane ontstaan: 'n vulkaanboog. Trôe loop gewoonlik parallel met en sowat 200 km van 'n vulkaanboog.

As die boonste plaat 'n oseaanplaat is, sal die boog in die see lê en sal die vulkane eilande vorm. Dit word 'n eilandboog genoem. Voorbeelde is die Filippyne en Japan. In die sone waar die twee plate langs mekaar beweeg, word aardbewings opgewek.

Biome

Baie van die vloeistof wat in sediment van die wegsakkende plaat vasgevang is, keer terug na die oppervlak van die oseaantrog en skep moddervulkane en koue sypelings. Hulle onderhou unieke biome wat gebaseer is op chemotrofiese mikroörganismes (wat groei sonder om van lig gebruik te maak). Daar is kommer dat plastiekafval in trôe versamel en dié gemeenskappe bedreig.

Verwysings

Skakels

  • Oseaantrog  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Oseaantrog StruktuurOseaantrog BiomeOseaantrog VerwysingsOseaantrog SkakelsOseaantrogIndiese OseaanMarianatrogStille OseaanTopografie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BesoedelingGamelanMaselsHartversakingGianna MichaelsLys van universiteite in Suid-AfrikaLys van chemiese elemente volgens atoomgetalNul is nie niks nieAndré SchwartzApokriewe boekeAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeNaaldekokerPlastiekHelpmekaar-kollegeNoag se arkBasisinkomsteSeksuele stimulasieSkisofrenieJennifer ZamudioHorlosieMangaanBeaufortskaalVaginale kankerSimboolKasteel die Goeie HoopRussiese inval in Oekraïne sedert 2022EreksieNederlandKarooDirekte en Indirekte redeMaagsweerKweekhuiseffekBeesvleisLuiperdBinnelandersMusieksimboleSharpeville-slagtingJohn Brown (aktivis)WaterbesoedelingOrlando, FloridaGoeie VrydagMediaWikiXHTMLOnderhandelinge om apartheid te beëindigKlimaatBruin huisslangOmgewingsgesondheidPersentasieBuffelNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyMeervoudWebwerfVars waterSpringbokafrigtersKoringAt BothaTropiese sikloonFinale OplossingChris BlignautGeslagsgelykheidAluminiumGesondheidHadjMiljardNarsismeMenslike skeletKoperAnne FrankSally EsterhuizenStaatstoelaeNazi-DuitslandDundermRob Hersov🡆 More