Skisofrenie: Geestesteuring

Skisofrenie is ’n geestesteuring wat dikwels gekenmerk word deur abnormale sosiale gedrag en die onvermoë om te besef wat die werklikheid is.

Algemene simptome sluit in valse oortuigings, gehoorhallusinasies, verwarde of onduidelike denke, onaktiwiteit en ’n verminderde vermoë van die persoon om sosiaal te verkeer en homself uit te druk. Diagnose is gebaseer op waarneming van die gedrag en die pasiënt se weergawe van sy ondervindings.

Skisofrenie
Klassifikasie en eksterne bronne
Borduurwerk deur ’n pasiënt met skisofrenie.
Borduurwerk deur ’n pasiënt met skisofrenie.
ICD-10 F20
ICD-9 295
OMIM 181500
DiseasesDB 11890
MedlinePlus   000928
eMedicine med/2072emerg/520
Skisofrenie: Simptome, Behandeling, Prognose Mediese waarskuwing

Simptome

Dit lyk of genetika, die vroeë omgewing en psigologiese en sosiale prosesse belangrike bydraende faktore is en of sekere medisynes die simptome veroorsaak of vererger. Die baie moontlike kombinasies van simptome het die vraag laat ontstaan of die diagnose ’n enkele steuring of ’n aantal aparte steurings verteenwoordig. Ondanks die oorsprong van die term, van die Antieke Griekse stamme skhizein ("om te splits") en phrēn ("gees"), beteken skisofrenie nie "gesplete persoonlikheid" of "dissosiatiewe identiteitsteuring" nie; dit is toestande wat dikwels deur die publiek verwar word. Die term beteken eerder ’n "splitsing van geestelike funksies".

Behandeling

Die algemene behandeling van skisofrenie is antipsigotiese medikasie, wat veral dopamienreseptore onderdruk. Berading, werkopleiding en sosiale rehabilitasie is ook belangrike behandelings. In ernstiger gevalle – waar die persoon ’n gevaar vir homself of ander inhou – kan onvrywillige hospitalisasie nodig wees, hoewel verblyf in hospitale nou korter en minder dikwels is as voorheen.

Prognose

Simptome begin gewoonlik in die adolessensie en sowat 0,3% tot 0,7% van mense word in hul leeftyd daardeur geraak. Die steuring tas hoofsaaklik die vermoë om te dink aan, maar dra ook gewoonlik by tot chroniese probleme wat betref gedrag en emosie. Mense met skisofrenie sal waarskynlik ook ander toestande hê, soos ernstige depressie- en angssteurings; die lewenslange voorkoms van middelmisbruik is byna 50%. Sosiale probleme, soos langtermyn-werkloosheid, armoede en dakloosheid, is ook algemeen. Die gemiddelde lewensverwagting van mense met die steuring is 12 tot 15 jaar minder as vir mense daarsonder. Dit is weens groter fisieke gesondheidsprobleme en ’n groter voorkoms van selfmoord (sowat 5%).

Verwysings

Tags:

Skisofrenie SimptomeSkisofrenie BehandelingSkisofrenie PrognoseSkisofrenie VerwysingsSkisofrenieGeestesteuring

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KonjunktivitisBeeldspraakGetalHipoteseFranse RewolusieTaalLionel PetersonKappie (skryfteken)Steve BikoJSERefleksieMantisTuberkuloseSuiwelprodukTikTokSuurstofKersfeesPaddaVrystaatGeallieerdes van die Tweede WêreldoorlogHector PietersonMark (ekonomie)BybelApartheidJan-Willem BreureVaginaWapen van Suid-AfrikaKortverhaalMikro-ekonomieGrondbesoedelingOseaanbesoedelingAppendiksLys van Suider-Afrikaanse soogdiereRooilipslangVulkanismeSeisoenAppel (sanger)Sarel Jacob PretoriusXhosaNic de JagerDemokrasieOrale seksVlinderSamestellingPersGeboorteAnneli van RooyenAl-FatihaBestaansboerderyKunsmatige algemene intelligensieSuid-SothoJaarLys van Afrikaanse rolprenteRoofvoëlMieliestronkHannes van WykLys van musiekinstrumenteKorrupsieNavorsingVeelvoudige sinRoemeensSwedeLys van Afrika-landeBurgerregteVingerseksKarooLys van chemiese elemente volgens atoomgetalTrekarbeidSeptimius AwardsSwart nasionalismeTafelsoutMorfeemKernkrag🡆 More