Eilandboog

'n Eilandboog is 'n tipe argipel of eilandgroep wat deur plaattektoniek gevorm word wanneer een oseaniese tektoniese plaat onder 'n ander een afgedruk word en magma produseer.

Dit is 'n soort vulkaanboog. Gedeeltelike smelting van die mantel genereer lae-digtheid kalk-alkaliese magma wat drywend na bo styg om die litosfeer van die boonste plaat te deurdring en dan uitgestoot te word. Die vulkaanketting wat veroorsaak word het 'n boogvorm, en wel ewewydig aan die konvergerende plaatgrens en konveks teenoor die onderskuiwende plaat. Verwering en erosie van die vulkaanrotse produseer swart-groen strande wat uit oliviene sand bestaan wat van die vulkaniese keëls ge-erodeer is.

Eilandboog
Subduksie van 'n oseaniese plaat onder 'n kontinentale plaat

Aan die subduksiekant van die eilandboog vorm 'n diep en noue seetrog wat die spoor op die aardoppervlak is van die grens tussen die neerdalende en oorskuiwende plate verteenwoordig. Die trog word veroorsaak deur die wrywing van die subduksieplaat wat die voorste punt van die boonste plaat afwaarts trek. Groot wrywingskragte verhit die rotswande van beide plate in die gebied. Veelvuldige aardbewings vind langs die grens plaas met seismiese episentra al hoe dieper onder die eilandboog geleë.

Oseaanbekkens wat deur die ondergang verminder word, word "oorblyfsel-oseane" genoem aangesien dit geleidelik sal krimp tot dit nie meer bestaan nie en in die volgende orogeniese botsing vergruis sal word. Die proses vind herhalend in die geologiese geskiedenis van die aarde plaas.

Eilandboë

Tags:

ArgipelErosieLitosfeerMagmaPlaattektoniekVulkaanboog

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AntoniemMuishondParysJannie du ToitBysteekLys van medisinale kruieOnderhandelinge om apartheid te beëindigBruin huisslangJo BlackWeeluisPerdGarsDanie du ToitColubrina nicholsoniiFascismeKarwatsHeilige SaterdagNederduitse Gereformeerde KerkCyrilliese alfabetPeach van PletzenEkonomie van Suid-AfrikaEthiopies-Ortodokse Tewahedo-kerkSpelerposisies in rugbyHemelvaartKoorsblaarGoogleWes-KaapSwaziPapierkelkeOrale seksKrapGelukRoekelose DadeDansSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994HokkieSkipOopbroninhoudSiembambaSuid-Afrikaanse randAalwynKarlien van JaarsveldLongontstekingAdolf HitlerTydDermpoliepHoërskoolGalblaasFord GalaxyKarooDomineeISO 8601Ruan JoshHannes van WykKrokodilMenslike seksuele gedragMusieksimboleSkilpadEngelsYsterAbsesJavaScriptPaddaBrandstofKopieregEjakulasieNierversakingNarsistiese persoonlikheidsteuring4 AugustusNoord-Amerika🡆 More