Nilo-Sahariese Tale

Die Nilo-Sahariese tale is 'n taalfamilie wat uit omtrent 205 tale bestaan wat deur sowat 50–60 miljoen mense gepraat word.

Hulle is oorwegend aan die boloop van die Shari- en Nylriviere (Wit Nyl) insluitende die historiese streek van Nubië versprei. Die Nilo-Sahariese tale word in 18 lande van Noord-Afrika vanaf Algerië en Mali in die noordweste oor Benin, Nigerië, Soedan, Suid-Soedan en die DR Kongo in die suide en vanaf Egipte in die noorde tot Kenia en Tanzanië in die ooste gepraat. Die grootste deel van die belangrikste sytak word in Soedan en Suid-Soedan aangetref.

Nilo-Sahariese tale
Geografiese
verspreiding:
Suid-Sentraal- en Oos-Afrika
Genetiese
klassifikasie
:
Nilo-Saharies
 Nilo-Sahariese tale
Onderafdelings:
Berta
Fur
Gumuz
Koman
Kuliak
Kunama
Maban
Saharan
Songhai
Sentraal-Soedannees
Oos-Soedannees (insluitend Niloties)
Kadu?
Mimi-D?
Shabo?
Nilo-Sahariese Tale

Verspreiding van Nilo-Sahariese tale

Nilo-Sahariese Tale
Die Nilo-Sahariese tale word in geel aangedui

Die naam van dié taalfamilie is van sy verspreiding in die binneland van Noord-Afrika aan die grotere Nylbekken met sy syriviere en die Sentraal-Sahariese woestyn afgelei. Dit bevat hoofsaaklik die tale wat nie tot die Afro-Asiatiese, Khoisan- of Niger-Kongo-tale behoort nie en word nie deur al taalkundiges erken nie.

Van die grootste tale volgens moedertaalsprekers is Kanuri (7,9 miljoen), Luo (4,2 miljoen), Masai (1,6 miljoen), Dinka (1,4 miljoen) en Nuer (0,9 miljoen).

Bronne

  • (en) Lionel Bender, 1996. The Nilo-Saharan languages: a comparative essay. Munich: Lincom Europa.
  • (en) Lionel Bender, 2000. "Nilo-Saharan". In Bernd Heine and Derek Nurse, eds., African Languages: An Introduction. Cambridge University Press.

Eksterne skakels

  • Wiki AfrikaansNilo-Sahariese Tale  Wiki Commons het meer media in die kategorie Nilo-Sahariese tale.
  • (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Nilo-Saharan". Ethnologue. Besoek op 11 Augustus 2019.
  • (en) "Nilo-Saharan languages". Encyclopædia Britannica. Besoek op 11 Augustus 2019.

Tags:

AlgeriëBeninDemokratiese Republiek van die KongoEgipteKeniaMaliNigeriëNoord-AfrikaNubiëNylrivierSharirivierSoedanSuid-SoedanTaalTaalfamilieTanzaniëWit Nyl

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Griekwa-AfrikaansHoedRomeinse RykSeptimius AwardsRooms-Katolieke KerkMoskouAfvalbestuurVierde Industriële RevolusieNatriumtiosulfaatSout (chemiese stof)FluoorSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994LetterkundeKolonialismeLeierDundermGroepsdrukEendbekdierKoorsInligtingKernkragHartversakingBalletToekoms van die AardeKonflik (proses)LetsiteleOorstromingVoyeurismeEugenetikaHartXHTMLMaagSjimpanseeCarike KeuzenkampFrankrykAngssteuringBeeldspraakBrandstofDirekte en Indirekte redeGautengDaggaHemelvaartDuitsKweekhuisgasWiki CommonsAntieke EgipteHerpes simplexWalvisTremEnkelvoudige sinHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalPerdDroogteGriekse teaterApartheidKultuurOrtopedieYslandLandbouBateMaanKlereKaapstadse waterkrisis 2015-2018Olimpiese SomerspeleSikloonSekondêre sektor van die ekonomieAfkortingVerkleinwoordGrootste rampe in Suid-AfrikaMisdaadBestaansboerderyStollingsgesteenteDie GelofteKorrupsie🡆 More