New General Catalogue Of Nebulae And Clusters Of Stars

Die New General Catalogue of Nebulae and Clusters of Stars (afgekort as NGC) is ’n bekende sterrekunde-katalogus van diepruimtevoorwerpe wat in 1888 deur John Louis Emil Dreyer opgestel is as ’n nuwe weergawe van John Herschel se Catalogue of Nebulae and Clusters of Stars.

New General Catalogue Of Nebulae And Clusters Of Stars
Die spiraalsterrestelsel NGC 3982 lê sowat 68 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Groot Beer en kan met ’n klein teleskoop gesien word.

Inhoud

Die NGC bevat 7 840 voorwerpe, bekend as NGC-voorwerpe. Dit is een van die mees omvattende katalogusse omdat dit alle soorte diepruimtevoorwerpe insluit en nie net een soort soos byvoorbeeld sterrestelsels nie. Dreyer het twee byvoegsels tot die NGC gepubliseer bekend as die Index Catalogues (afgekort as IC). Die eerste een (1895) bevat 1 520 voorwerpe en die tweede een (1908) 3 866 voorwerpe. Dit is ’n totaal van 5 386 IC-voorwerpe.

Voorwerpe in die lugruim van die Suidelike Halfrond word nie so deeglik gedek nie, hoewel baie van hulle deur John Herschel of James Dunlop waargeneem is.

Hersiene weergawes

Daar was baie foute in die NGC, maar ’n ernstige poging om die meeste daarvan uit te skakel, is in 1993 deur die NGC/IC Project begin ná minder geslaagde pogings deur Sulentic en Tifft met hul Revised New General Catalogue (RNGC) in 1973 en Sinnott met sy NGC2000.0 in 1988.

Die Revised New General Catalogue and Index Catalogue (RNGC/IC) is in 2009 deur Wolfgang Steinicke gepubliseer. Dit word beskou as een van die mees omvattende en gesaghebbende weergawes van die NGC en IC.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

New General Catalogue Of Nebulae And Clusters Of Stars InhoudNew General Catalogue Of Nebulae And Clusters Of Stars Hersiene weergawesNew General Catalogue Of Nebulae And Clusters Of Stars Sien ookNew General Catalogue Of Nebulae And Clusters Of Stars VerwysingsNew General Catalogue Of Nebulae And Clusters Of Stars Eksterne skakelsNew General Catalogue Of Nebulae And Clusters Of StarsDiepruimtevoorwerpJohn HerschelSterrekunde

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Anale seksIrma SternAngolese BurgeroorlogAërodinamikaRob HersovTierYslandOorstromingEkonomie van Suid-AfrikaGeweldKankerEkonomiese sektorStaatstoelaeGautengGeldRenteStereotipeWoestynISO 8601DaggaPriemgetalWalvisAnrikaAspoestertjieKaliumSpelerposisies in rugbyLys van elemente volgens simboolVaginale kankerVraag en aanbodVerlede tydEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaMusiekteaterXHTMLKoringBrongitisJoodse kalenderRosa ParksKaapse PlooigordelBorskankerHartBysteekLiefdeErektiele disfunksieWaterbesoedelingMangelontstekingWoordeboekMarco PoloMaselsAntjie SomersMusieksimboleHugenootLys van Kaapstad se voorstedePapierNederlandsEkonomieMIV/vigs in Suid-AfrikaOnderhoudLiewe HeksieHans AlbersSeeHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalResensieLeonardo da VinciEnsiklopedieOnafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-AfrikaSI-stelselMIVKriekAfrikaanse WikipediaSamestellingLangste woordNoag se arkJagluiperdSquare dance🡆 More