Nazier Paulsen

Mogamad Nazier Paulsen is 'n Wes-Kaapse lid van die Nasionale Vergadering vir die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF).

Hy was voorheen lid van die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement.

Nazier Paulsen

Ampsbekleër
Termynaanvang
20 Mei 2015

Ampstermyn
21 Mei 2014 – Mei 2015

Persoonlike besonderhede
Gebore Mogamad Nazier Paulsen
Nasionaliteit Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Politieke party Ekonomiese Vryheidsvegters

Vroeë lewe en onderwys

Nazier Paulsen en sy gesin was deel van die anti-apartheidsbeweging. Paulsen was lid van die United Democratic Front. Hy het 'n BCom-honneursgraad en 'n nagraadse diploma in verspreide stelsels aan die Universiteit van Kaapstad behaal.

Loopbaan

Paulsen het na sy studies as 'n dosent van inligting en tegnologie aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie gewerk. Paulsen was ook voorsitter van beide die Mitchells Plain Community Development Corporation en die South African Progressive Civic Organisation (SAPCO).

Paulsen het in 2013 by die Ekonomiese Vryheidsvegters aangesluit. Hy was die party se Wes-Kaapse premierskandidaat vir die 2014-verkiesing. Die EFF het een setel in die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement verower en Paulsen het daardie setel op 21 Mei 2014 gevul.

In Mei 2015 het die EFF hom as lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika benoem. Bernard Joseph het hom as die party se verteenwoordiger in die Provinsiale Parlement opgevolg. Paulsen is in Mei 2019 tot 'n tweede termyn as parlementslid herkies.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Nazier Paulsen Vroeë lewe en onderwysNazier Paulsen LoopbaanNazier Paulsen VerwysingsNazier Paulsen Eksterne skakelsNazier PaulsenEkonomiese VryheidsvegtersNasionale Vergadering van Suid-AfrikaWes-Kaapse Provinsiale Parlement

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Wapen van NamibiëAkuutEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaKlopjagKaapstadse waterkrisis 2015-2018Suid-Afrikaanse InkomstediensWerkloosheidLys van politieke partye in Suid-AfrikaPerdEugenetikaSean CombsMuskeljaatkatBek-en-klouseerKoolhidraatKondensasiePreseminale vloeistofVlekvrye staalLeierskapKrapVerkleinwoordTafelbergApokriewe boekeSirkusMenstruasieSonKindersiektesAfrikaanse TaalmonumentBeaufortskaalOm-te-infinitiefkonstruksieVoegwoordIoonOlimpiese Somerspele 2012Anneli van RooyenRudi ClaaseVaste stofVormHomofoonKewerLys van chemiese elemente volgens atoomgetalWerkersdagCradock-4DroogteMidde-OosteAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome20ste eeuGrondGeskiedenis (vakgebied)MagneetMetafoorVolhoubaarheidDiepaartromboseErica BoyerGawes van die Heilige GeesPropagandaJohan BadenhorstNasionale VrouedagNatuurbewaringMusiekGroepsdrukHoofstadSeisoenWapen van Suid-AfrikaSomerPersentasieSoortnaamOseaanbesoedelingDansAborsieAmateurradioRooilipslangMeningsverskil oor aardverwarmingVingerseksBynierProteaCovid-19-pandemie🡆 More